Duur-krag-kan-besproeiingspompe-afskakel
![]() |
Besproeiingsboere se situasie versleg gedurig. Alles dui daarop dat elektrisiteitpryse vir die jare wat kom nog skerp gaan styg.
Dr Theo de Jager, adjunk-uitvoerende hoof van Agri SA, het gesê dat die situasie so ernstig is dat Suid-Afrika binnekort die graan wat tans onder besproeiing verbou word, sal moet vervang met ingevoerde graan aangesien dit goedkoper sal wees.
25% van Suid-Afrika se koring en mielies word tans onder besproeiing verbou. Daar kan op hierdie 25% vertrou word, maar die ander 75% hang van reën af, het hy het gesê.
Indien boere minder besproei, en ons beleef ‘n droogte kan Suid-Afrika se voedselsekerheid ingedrang kom.
Boere moet meer as net stygende elektrisiteitspryse te bowe kom, het hy gesê. Die hoë koste van diesel eis byvoorbeeld ook sy tol.
Besproeiingsboere doen reeds wat hulle kan om elektrisiteit so doeltreffend moontlik te gebruik, soos om na tienuur snags te besproei wanneer elektrisiteit goedkoper is, het dr De Jager gesê.
Elektrisiteitspryse vir landbou gaan met byna 26% vir die komende finansiële jaar styg.
Bron: fin24.com