Druk meer uit voer met deurpersing
|
’n Magdom voedingswaarde lê in elke sojaboon opgesluit, maar ongelukkig kon die veeboer dit tot dusver nie vir sy diere benut voordat die verwerker daarmee klaar is nie.
Goeie nuus vir boere is dat Valtrac, die verskaffer wat die boer verstaan, nou vir die boer die geleentheid bied om self sy sojabone (of ander bone of graan) deur te pers sodat dit geskik vir veevoeding is.
In die proses word die nie-voedsame faktore in soja geneutraliseer, maar die proteine, vitamine en aminosure wat so noodsaaklik vir goeie gesondheid is, behou. Sojabone met ’n voggehalte van 10 tot 14% word as grondstof gebruik.
Deurpersing (extrusion) is die proses waarvolgens sojabone in een proses fyngemaal word en dan deur ’n sterk metaalbuis onder geweldige hoe druk (40 atmosfeer) en teen ’n hoe temperatuur (120 tot 150 grade C) deur ’n wurmaangedrewe element deur ’n klein opening gepers word. Sodra die deurgepersde materiaal met die buitelug in aanraking kom, plof dit oop tot bros, krakerige pilletjies.
Met hierdie enkele, eenvoudige proses word die volgende bereik: maal, sterilisasie, hittebehandeling, volumevermeerdering, brosmaking en stabilisering.
Deurpersing is ook die proses wat gebruik word om kaaskrulle te maak en net so lekker as wat kaaskrulle vir kinders is, so is deurgepersde soja vir beeste, skape, varke en perde.
Dit alles word moontlik gemaak deur die Bronto E-500-deurperser wat Valtrac binne bereik van elke boer plaas. Met hierdie vernuftige masjien kan jy rantsoene vir vee, troeteldiere of pluimvee maak, en volvetsoja, kanola en sonneblom deurpers om ’n produk met ’n hoe verteerbaarheid en vry van skadelike mikro -organismes en ander nadelige stowwe te maak.
Sojabone, gort, rog, mielies, koring, ertjies, kanola en sonneblomsaad kan met die deurperser verwerk word.
Die eindproduk is smaaklik, maklik koubaar, maklik en volledig verteerbaar, voedsaam en sonder enige skadelike stowwe. Vir die boer is dit sinvol omdat dit hom die volgende bied:
• Voer van ’n hoe gehalte.
• Bespaar 40% graan in die voer van vee.
• Bespaar 30% van die energie by soja, kanola en sonneblom teenoor oliepersing.
• Benut beskikbare voerprodukte doeltreffend.
• Raak ontslae van mikroorganismes in substandaard grondstowwe.
• Omdat dit bros is, neem dit maklik vloeistowwe soos melasse op.
Proewe het bewys dat deurgepersde voer kan help om die gemiddelde daaglikse gewigstoename van vee en pluimvee met 50 tot 60% op te skuif en melkproduksie met 1,5 tot 1,7 keer. Deurpersing met Valtrac se Bronto
E-500 is ’n verstandige opsie, want:
• Dit verg ’n lae kapitale uitleg.
• Dit gebruik min energie.
• Dit neem min ruimte in beslag.
• Dis maklik om te doen.
• Dit het ’n verskeidenheid aanwendings.
• Dit lewer eindprodukte van ’n hoogstaande gehalte.
Valtrac is reeds wyd bekend as die maatskappy wat die boer se probleme verstaan en immer beter oplossings bied. Praat met Valtrac se behulpsame mense by 056-817-7308 vir toegewyde diens en die hoogste kundigheid enige plek in die land. Besoek ook www.valtrac.co.za vir meer inligting oor Valtrac se Valtratrekkers en ander werktuie wat die boer se lewe lekker en lonend maak.