Donderdag-is-markdag-–-Donderdag-4-Augustus
Elke Donderdag is markdag op www.proagri.co.za.
Plaas jou kleinadvertensie gratis en kyk watter winskope bied ander boere.
Stuur jou boerderyverwante kleinadvertensie (maksimum 25 woorde) gemerk Boer-se-mark aan oppiestoep@mweb.co.za. Onthou om die prys en kontaknommer in te sluit. Geen advertensies van eiendomsagente sal aanvaar word nie. Boer-se-mark behou die reg voor om enige advertensie te weier.
Besproeiing en waterhantering
Vir AL u besproeiing- en waterbenodigdhede. Pompe, pype en toebehore. Ons vervaardig ook opslaanwatertenks vir u veekampe volgens eie groottes. Skakel JB Stamp 012-331-2202.
Boeke
Het jy ou Afrikaanse boeke waarvan jy wil ontslae raak? Dom Boer se Boekboerdery versamel ou boeke. E-pos domboer01@mweb.co.za.
Drukgange
Vir netjiese drukgange volgens jou behoefte, vas of verskuifbaar, met skuifhekke en kopklamp, sementwaterbakke en ander toerusting, skakel Niel Fyfer 072-236-2178.
Grassnyer gesoek
Ek is op soek na ’n tweehandse “Sprinkaan”-grassnyer (vir gebruik op veldgras) wat nog in ‘n goeie toestand is. Stuur asb besonderhede na ma.annemarie@gmail.com
Honde
Opregte, oulike miniatuur-worshondjies te koop. Skakel Marlien by 082-645-2795.
Jakkals se moses
E-Shepherd-skaaphalsbande teen roofdiere werk regtig. Kontak Mariette van Dyk by 083-594-8438 of 012-460-5964. Besoek ook http://www.eshepherd.biz/
Seile
Koop alle groottes en tipes seile regstreeks by die vervaardigers teen baie beter pryse as die koöperasies of ander verskaffers. Kontak Paul Ras 083-227-0684. Aflewering kan gereël word.
Vermaak
Konsert- en fondsinsamelingveilingsbesprekings by 083-388-5509 of 082-894-8058 e-pos info@bosveldklong.co.za of thys@bosveldklong.co.za.