Categories: NewsPublished On: 23rd September 2011

Donderdag is markdag – Donderdag 22 September

By 4 min read
740 words
Stuur jou boerderyverwante kleinadvertensie (maksimum 25 woorde) gemerk Boer-se-mark aan oppiestoep@mweb.co.za. Onthou om die prys en kontaknommer in te sluit. Geen advertensies van eiendomsagente sal aanvaar word nie. Boer-se-mark behou die reg voor om enige advertensie te weier.
 
Wen ‘n prys!
 
Vind die fopvertensie en wen ‘n prys: Een van die kleinadvertensies is ‘n fopadvertensie. Vind die fopadvertensie, laat weet ons by oppiestoep@mweb.co.za watter een dit is en staan ‘n kans om die boek, Waterberg-Bosveld – ‘n Prikkelgids vir veldbewaring, deur Chris Wagner te wen.
 
Beskerm jouself teen brandskade
Weiding is ‘n waardevolle bate en brand is ‘n toenemende gevaar. Ongelukkig is dit moeilik om die waarde van weiding te bewys in versekeringseise of siviele eise teen brandstigters. Die landbouregsadviseursfirma, Van der Bank Venter, stel vir die boer ‘n volledige portefeulje op met dokumentêre getuienis van die waarde van sy weiding, asook brandvoorkomingsmaatreëls en -bestrydingstelsels. Die portefeulje sluit ook aanbevelings in waarvolgens die boer sy regsposisie ten opsigte van brandskade kan verstewig. Praat met Retief Venter by 082-859-7518 of Anjoeshka van der Bank by 082-335-9738.
 
Besproeiing en waterhantering
Vir AL u besproeiing- en waterbenodigdhede. Pompe, pype en toebehore. Ons vervaardig ook opslaanwatertenks vir u veekampe volgens eie groottes. Skakel JB Stamp 012-331-2202.  
 
Boeke
Het jy ou Afrikaanse boeke waarvan jy wil ontslae raak? Dom Boer se Boekboerdery versamel ou boeke. E-pos domboer01@mweb.co.za.
 
Dorpers
Cronjé Dorpers 42 ste produksieveiling op 6 Oktober te GWK Kimberley-veilingskrale. Wicus Cronjé 082-376-1396.
 
Drukgange
Vir netjiese drukgange volgens jou behoefte, vas of verskuifbaar, met skuifhekke en kopklamp, sementwaterbakke en ander toerusting, skakel Niel Fyfer 072-236-2178.
 
Druppers gesoek
Ek soek tweedehandse druppers. 16 mm pyp. Redelike wanddikte. Tienie Marx by tini@lantic.net.
 
Gasgewere
Beskerm jouself doeltreffend met ‘n gasgeweer of -pistool en pepersproei-ammunisie. Geen gesukkel met lisensies en kluise. Skakel Riaan Coetzee van Fortis by 076-353-9220. Lees ook dié artikel.
 
Grassnyer gesoek
Ek is op soek na ’n tweehandse “Sprinkaan”-grassnyer (vir gebruik op veldgras) wat nog in ‘n goeie toestand is. Stuur asb besonderhede na ma.annemarie@gmail.com
 
Handmielieplanter
Plant haasbekrye akkuraat en vinning sonder spanning op die rug. Kontak Michris by 073-454-4111.
 
Honde
Opregte, oulike miniatuur-worshondjies te koop. Skakel Marlien by 082-645-2795.
 
Kappie vir Nissan 1400
Kappie vir Nissan 1400 te koop. R500. Cullinan. Skakel 079-712-2252.
 
Kappie vir Nissan 1400 met hoë kap. Agterruit is gekraak, so die prys is onderhandelbaar. Miemie 084-517-6812.
 
Melkkoei te koop gesoek
Holstein- of Jerseykoei in melk of dragtig te koop gesoek vir kleinhoewe. Skakel Ronald 082-330-7874.
 
Misdaad
Vir gratis opleiding teen misdaad en plaasaanvalle, skakel Riaan Coetzee van Fortis by 076-353-9220. Lees ook dié artikel.
 
Gratis TVW 1-kursus (taktiese verdediging en weerstand vlak 1) in Verwoerdburg op Saterdag 15 Oktober 2011. 09:00 – 14:00. Kontak Riaan 076-353-9220. www.fortisgroup.co.za
 
Omheiningsmateriaal
Staaldraad, doringdraad, diamantdraad, jakkalsdraad, varkdraad, Veldspan, Bonnox, lemmetjiesdraad, kabels en gesweisde maasdraad. Alle soorte pale, pype, staal en sink. Mullers 012-804-9472 of 056-213-1760.
 
Oliekoek
Natuurlik vervaardigde soja-oliekoek en volvetsoja-oliekoek. B&R Bio Produkte. Bel Giel by 079-511-2190 of Gerrit by 083-635-3873.
 
Oorplaatjies
Lucret vir gehalte drukwerk op skaap- en beesoorplaatjies. 028-215-8917.
 
Seile
Koop alle groottes en tipes seile regstreeks by die vervaardigers teen baie beter pryse as die koöperasies of ander verskaffers. Kontak Paul Ras 083-227-0684. Aflewering kan gereël word.
 
Sleepwaens
Die professionele, taai, betroubare, veilige keuse: Nic Sleepwaens. 018-673-0224 www.nictrailers.co.za.
 
Sywurms
Skoolkinders verdien honderde rande sakgeld met sywurms. As jou kind dit ook wil doen, kry sywurms gratis by Buks (Cullinan) 079-712-2252.
 
Tenkstaanders
Van 1,5 tot 12 meter hoog vir tenks van 5 000 en 10 000 liter. Praat met Jan Smit van Staalboer by 082-210-0999.
 
Trekker
2008 Claas Ares 104 kW 2 500 uur. R500 000. Skakel D Kruger 082-802-3541.
 
Tweedehandse doodskiste
Effens gebruikte tweedehandse doodskiste te koop. Goeie toestand. 067-653-2891.
 
Vermaak
Konsert- en fondsinsamelingveilingsbesprekings by 083-388-5509 of 082-894-8058 e-pos info@bosveldklong.co.za of thys@bosveldklong.co.za.
 
Vervoer
Vervoer van graan in Noordwes en Vrystaat. Kontak Marius 082-817-8925.
 
Voermengers
Rolo vir ‘n wye reeks met vakmanskap en gehalte. 082-350-8051, rolo@isat.co.za, www.rolovoermengers.mobi.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0