Categories: NewsPublished On: 6th June 2011

Dis-wors,-die-rekord-gaan-spat

By 1 min read
AfriForum Jeug en sewe boereverenigings van die Potgietersrus Distrikslandbou-unie, wat met TLU SA geaffiileerd is, gaan op Jeugdag hulle bes doen om die wêreldrekord van 321 meter verby te braai met ‘n tamaai stuk wors van ‘n halwe kilometer lank.
 
Die braai-aksie vind op 16 Junie by die Windpomp fees op Naboomspruit plaas waar die jong boere en AfriForum Jeug gaan probeer om 500 meter wors te braai sonder dat dit breek.
 
“Die gaar wors sal  aan ouetehuise in die omgewing voorsien word sodat pensionarisse ‘n gratis ete kan geniet” het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug gesê. “Op Jeugdag is dit belangrik om te wys dat ons vir ouer mense om gee” het hy gesê.
 
Die windpompfees vind vanjaar vir die vierde keer plaas en sal na verwagting deur sowat
10 000 mense besoek word.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment