Categories: NewsPublished On: 8th April 2011

Dieregesondheidsforum herleef

By 1 min read
Die Dieregesondheidsforum, waarop alle veebedrywe verteenwoordig word, het hierdie week sy herlewingsvergadering gehad. Die Forum is in 2007 gestig om probleme in die Staatsveeartsenydienste aan te spreek, maar het sedertdien nie verdere aksies aangepak nie.  
 
Die MPO  berig in sy jongste nuusbrief dat die huidige bek-en-klouseerkrisis lede van die Forum weer eens laat besef het dat daar ‘n ernstige behoefte by die regering behoort te wees om hierdie forum op ‘n deurlopende grondslag te gebruik en nie slegs om krisisse te voorkom nie. Vir die doeleindes is dit noodsaaklik dat ‘n doeltreffende kommmunikasiestelsel gevestig word. Die Forum se nuwe voorsitter is dr Pieter Vervoort, met mnr Dave Ford as ondervoorsitter en drs Danie Odendaal en Langa Simela as bykomende komiteelede. Die Forum het ook besluit om ‘n uitvoerende hoof aan te wys wat met die nodige toewyding die veebedrywe se insette tot doeltreffende siektebeheer kan dryf. 
 
Dr Nico Schutte van die MPO se Cendel verteenwoordig die suiwelbedryf by die Forum. 
 
Die Forum het eintlik kort na sy stigting reeds ‘n koue skouer van die regering gekry. ‘n Memorandum aangaande probleme, uitdagings en voorgestelde oplossings vir die Staatsveeartsenydienste in Suid Afrika is toe aan die Minister van Landbou voorgelê. Geen formele erkenning van ontvangs is tot op hede van die regering ontvang nie. 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0