Categories: NewsPublished On: 9th February 2012

Die wolmark hou

By 1 min read

Die wolmark het op dié week se veiling weer ietwat hoër gesluit ondanks ’n aanmerklik sterker rand en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 0,5% tot R103,54/kg (skoonwol) gestyg.

Ona Viljoen van Cape Wools sê die gemiddelde koers van die rand was 3,2% hoër vergeleke met die vorige veiling, wat afwaartse druk op die pryse uitgeoefen het. In Australië het die mark ook stewig vertoon en het die aanwyser met 1,8% gestyg. 

Altesame 9 450 bale is aangebied waarvan 98% verkoop is. Die vetwoluitvoerders was weer die grootste kopers.

Die gemiddelde skoonwolpryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte was soos volg: 19 mikron was onveranderd op R117,77/kg, 20 mikron was ’n marginale 0,2% duurder op R111,21/kg, 21 mikron daal egter met 0,9% tot R105,22/kg, maar daar was geen kwotasie vir 22 mikron nie. 

Geen veiling is vir volgende week geskeduleer nie. Veilings hervat weer op 23 Februarie.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0