Categories: NewsPublished On: 6th April 2011

Die Wes-Kaap hou landbouweek

By 1 min read
203 words
Vroeg in Mei skud Bien Donné sy vere reg vir die Agri Cape Week 2011. Almal wat betrokke is in die vrugte-, wyn- en groentebedrywe is uitgenooi na die geleentheid wat vir die 68ste keer gehou word. 
 
Agri Mega, die aanbieder van landbou-ekspo’s in die Wes-Kaap, in samewerking met die LNR, snoer kragte met FNB as hoofborg saam vir vanjaar se week. Mnr Rico Basson, FNB se streekbestuurder Landbou vir die Wes-Kaap, sê: “Die landboubedryf betree ‘n opwindende tydvak vanuit ‘n internasionale en plaaslike perspektief, met verskeie groei- en beleggingsgeleenthede.  Die vraag na voedsel bly sterk en alle vooruitskattings dui daarop dat ‘n groei-tydvak vir verskeie landbou-industrieë voorlê.” 
 
Faktore soos produksiedoeltreffendheid, die gebruik van tegnologie en marktoegang sal by die geleentheid bespreek word. 
 
Die program van Bien Donné Agri Cape Week 2011, sal onder meer die volgende insluit: die aanbieding van navorsingsresultate, die uitstalling en demonstrasie van produkte, dienste meganika en toerusting, debatvoering, vermaak, wedstryde en werkswinkels.
 
Om uitstal- en demonstrasieruimte te bespreek, of vir algemene navrae, kontak Reinette Basson in die Paarl by 021-863-0701. Die geleentheid word van Woensdag 4 tot Vrydag 6 Mei 2011 aangebied.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0