Die uitdaging: boer meer met minder
Die kweekhuisgasse wat landbou vrystel moet verminder word, het dr Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye op die Voedsel-en Landbou-Organisasie se vergadering op die COP 17-beraad in Durban gesê .
"Die uitdaging is om meer voedsel te produseer op minder grond met minder skade aan die atmosfeer," het hy gesê.
In die volgende 30 jaar moet voedselproduksie met 70% toeneem.
"Wat die uitdaging groter maak is die feit dat die grootste deel van die wêreld se landbougrond reeds ingebruik is," het hy gesê.
Die aarde se vrugbare grond verminder met 10 miljoen ha per jaar as gevolg van droogte en verstedeliking.
Dr Mulder het gesê dat landbou ‘n prioriteit op die COP 17-beraad behoort te wees. Volgens hom is meer navorsing nodig om oplossings te vind vir die probleme wat boere die gesig gestaar.
Groot besoedelaars, insluitend die VSA en China, moet hulle kweekhuisgasvrystelling verminder, anders sal al die mooi pogings van kleiner besoedelaars nutteloos wees.
"Selfs al sou Suid-Afrika suksesvol wees om in 2020 die Kopenhagen vrystellingsdoelwitte te bereik, stel China genoeg kweekhuisgasse in 68 uur vry om Suid-Afrika se besparing vir ‘n jaar te neutraliseer," het dr Mulder gesê.