Die-toets
Neef Dirk het ‘n melkkoei gekoop vir sy kleinhoewe, maar die melk begin min raak en hy dink dis tyd om die koei te laat KI. Hy weet al as ‘n mens ‘n troppie koeie het en hulle begin mekaar befoefel dan is dit die regte tyd, maar hoe weet ‘n mens as jy net een koei het, vra hy sy vriend, Dom Boer.
“Man, ek is bly jy vra my daardie vraag,” antwoord Dom Boer. “Kyk, al wat jy nodig het is ‘n spieël…”
“’n Spieël?” vra neef Dirk.
“Ja, ‘n spieël. En as jy nou môre-oggend stal toe loop om te gaan melk, dan vat jy die spieël met jou saam. En dan lig jy die koei se stert op en dan ruik jy aan die koei. En dan kyk jy in die spieël. En as jy sien jou neus frommel so opmekaar sodat jy al jou bokaak se tandvleise kan sien, dan weet jy die koei is reg – jy kan maar die KI-man laat kom.”
Stuur jou grappie, pittige vertelling of snaakse foto gemerk Boerselag aan oppiestoep@mweb.co.za en staan ‘n kans om ‘n musiekpiering van Thys die Bosveldklong te wen.