Categories: NewsPublished On: 26th June 2010

Die toets lê in die tand: Dink sterk; nie dik!

By 2 min read
326 words

As Die-toets-le-in-die-tand-Dink-sterk-nie-dik/p>

Kverneland gebruik vir hulle grondbrekertande presies dieselfde fyngreinstaal en hittebehandeling as vir hulle ploegreeks.

Vroeg reeds het Kverneland besef dat dit nie loon om die natuurkragte te probeer beveg deur komponente bloot swaarder te maak nie. Dit is verkiesliker om die natuurlike, ingeboude kragte in materiaal wat gebruik word te benut om werktuie duursaam te maak en ‘n lae trekkerkrag-behoefte te verseker.

’n Veerkragtige holtand van die allerbeste staal is ligter as ’n ou soliede tand, sodat jy meer trekkerkrag aan bewerking kan bestee en minder daaraan om swaar tande saam te tors. Die Kverneland outo-hersteltand weeg net 35 kg en is die enigste tand wat sterk genoeg is om ‘n vlerkskaar aan te monteer.

’n Swaar, starre tand wat die grond trompop met brute geweld probeer aandurf, verg ’n groot klomp trekkerkrag, ’n klomp stukkende breekboute en die tyd wat met die vervanging daarvan gepaard gaan en onnodige spanning op tand, raam en trekker.

Maar Kverneland se ratse, elastiese hol tand vibreer sy pad deur die grond oop om beter bewerking teen ’n laer koste te bewerkstellig. Die veerkragtige tand kan 14 tot 20 cm van kant tot kant meegee om verby versperrings soos klippe te spring. Die veerkragtigheid van die tand absorbeer ook skokke.

Die beste nuus is dat die tand en sy montering geen onderhoud nodig het nie.

Kverneland vervaardig twee soorte hol tande. Die CLC-tand lig die grond op en maak dit los tot ’n diepte van 40 cm. Vir vlak werk van 30 cm kan vlerkskare verskaf word.

Die CLD-tand het ’n steiler snyhoek vir meer aggressiewe vermenging van plantreste wanneer daar vlakker gewerk word.

Vir meer inligting oor Jupidex, sy uitgesoekte reeks bobaas-produkte, en om te hoor waar jou naaste handelaar is, praat met die nasionale verkoopbestuurder, Nico Storm, by 033-345-2733 of 082-463-3124 of stuur vir hom ’n e-pos na nico.storm@kverneland.co.za. 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0