Categories: NewsPublished On: 5th July 2010

Die spilpunt waarop jy kan reken: Boere wat weet kies Rhino

By 3 min read

Diens waarop jy reken is die belangrikste oorweging waarna Tiaan, Johan en Faansie Grobbelaar van Grobbelaar Boerdery tussen Bloemfontein en Petrusburg kyk as hulle van spilpunte praat.

Die drie broers boer met mielies, koring en sonneblom en het jare ervaring van spilpunte en hulle weet wat hulle wil hê. Daarom is daar vir hulle net een spilpuntkeuse: Rhino!

Wanneer ’n boer in ’n spilpunt belê, doen hy dit met die doel om gewasse te besproei sodat hy seker van ’n oes kan wees. Dit help niks as hy ’n spilpunt het wat nie betroubaar is nie – so ’n spilpunt sou ’n las wees; nie ’n bate nie.

Met Rhino kan jy verseker wees van ’n spilpunt wat perfek ontwerp is, sorgsaam vervaardig is, sekuur opgerig is en wat presies aan jou behoeftes as boer voldoen.

“Dit is vir ons baie belangrik dat ’n spilpunt die regte sproeierpakket moet hê sodat hy die gewas egalig benat,” sê Faansie. “Daarby moet hy duursaam en betroubaar wees, ook wat sy elektriese stelsel betref.”

Rhino voldoen uitmuntend aan al hierdie vereistes en meer.

Die Grobbelaars het al die verskaffers van Rhino-spilpunte geleer ken en hulle weet dis kundige mense wat die boer verstaan en wat daartoe verbind is om net die beste diens te lewer sodat jy daarop kan reken dat jou Rhino-spilpunt altyd perfek vir jou sal werk.

Hierdie toewyding tot diens het onlangs weer na vore gekom toe ’n ou spilpunt, wat uit die dae dateer toe Rhino nog nie bestaan het nie, flou geword en omgeval het, vertel Faansie.

Ander verskaffers het van ’n maand of langer gepraat, maar ’n skamele week nadat Faansie met Rhino se mense gepraat het, was hulle spilpunt flink en foutloos aan die werk!

Dis die soort diens wat ’n boer wil hê, want die natuur, wat die boer se program dikteer, wag vir niemand nie. As ’n plant moet water kry, moet hy water kry.

Faansie beplan self Driefontein se nuwe spilpuntsirkels want hy kan dit doen, maar vir boere wat nie die vermoë of kennis het nie, staan Rhino se slimkoppe gereed met die beste, bekostigbaarste oplossings.

Hulle rig ook die spilpunte netjies, stewig en gou op en staan agterna reg om in te spring as enigiets dalk verkeerd sou loop. Hulle het altyd onderdele beskikbaar en boonop is hulle onderdele uiters bekostigbaar in vergelyking met dié van ander verskaffers. Dis diens waarop die boer kan reken.

Vir doeltreffende spilpuntbesproeiing enige plek in die land, praat met Rhino se mense: Koos du Plooy by 083-441-9576, of Rhino se beplanners, Christo Taljaard 082-315-3211, of Wolf Krüger 082-771-3469, of met een van Rhino se agente:

  • Vrystaat: Gert Lamprecht: 082-804-0469,
  • Johan de Bruyn: 079-890-9197
  • Oos-Kaap: André Swane­poel 082-378-9874
  • Piketberg/Namibië: 022-913-2333
  • Natal: Vryheid Besproeiing 082-929-3188
  • Limpopo: NTK Lammie 082-800-1880
  • Loskopvallei: NTK Janneman 082-802-8959
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0