Categories: NewsPublished On: 1st July 2010

Die sleepwa vir die veeboer: Kies reg en vervoer vee voorspoedig

By 3 min read

Veiligheid en doeltreffendheid is die twee kerneienskappe waaraan ’n sleepwa waarmee vee vervoer word moet voldoen. Die eerste stap is om te sorg dat jou sleepwa en sy vrag aan die vereistes van die wet voldoen. Maar dan moet jy weet wat die wet beteken:

Bruto voertuigmassa (BVM)is nie, soos sommige boere dink, ’n sleepwa se dravermoë nie – dit is hoeveel die sleepwa met vrag en al mag weeg. Om te bepaal hoeveel jy op die sleepwa mag laai, moet jy dus sy gewig van die BVM aftrek.

Voorbeeld: ’n sleepwa met ’ geregistreerde BVM van 2 000 kg en wat 680 kg weeg se wettige dravermoë is 1 320 kg. Dit is nie veilig om meer dit op die sleepwa te laai nie.

Bruto kombinasiemassa (BKM) moet ook reg verstaan word. Dit beteken die gewig van die bakkie en die sleepwa saam met hulle vragte. Dit verskyn op die bakkie se dataplaat onder die enjinkap en bepaal die sleepmassa, byvoorbeeld:

Bakkie: BKM 4 500 kg
Bakkiegewig: – 1 600 kg = 2 900 kg
Sleepwagewig: – 600 kg = 2 300 kg

Die totale vrag wat gelaai kan word is dus 1 000 kg op die bakkie en 1 300 kg op die sleepwa.

Verstaan gewig

Die gemiddelde bees weeg 500 kg en het ’n ruimte van 1 800 x 900 mm nodig. Dit beteken as jy vier beeste wil oplaai, die volgende: 4 x 500 kg = 2 000 + wa se gewig van sê 600 kg = ’n wa van 2 600 kg, wat beteken dat ’n gewone bakkie dit nie mag sleep nie.

Die gemiddelde beeswa is geregistreer vir 1 800 kg en weeg 600 kg, wat ’n loonvrag van 1 200 gee, wat beteken dat dit net 2 beeste van 500 kg elk mag vervoer, al is die wa hoe lank en breed.

Daar is enkele vervaardigers in Suid-Afrika wat geregistreer is om sleepwaens van tot 3 500 kg te vervaardig. Hulle gebruik daarvoor spesiale ingevoerde komponente. Nic Sleepwaens is een van hulle.

Tegnologie en gehalte

’n Goeie sleepwa is nie net ’n bak met wiele en ’n disselboom nie. ’n Sleepwa met ’n buigbare onderstel hou langer en absorbeer vibrasie en skokke beter. Dit dra ook minder vibrasie van die padoppervlak oor na die diere wat vervoer word, sodat hulle kalmer en rustiger bly.

Nic-sleepwaens voldoen aan al hierdie vereistes. Met sy gevorderde, duursame rubberveerstelsel het ’n Nic-sleepwa beter stabiliteit, beter remvermoë en sleep makliker en veiliger.

Behou waarde

Omdat Nic-sleepwaens van die beste materiaal en volgens die hoogste vervaardigingstandaarde gemaak word, behou hulle hulle waarde om uitstekende herverkooppryse te behaal, selfs al is hulle hoe oud.

’n Nic-sleepwa raak nie klaar nie.

Goeie raad aan beesboere is om ’n veesleepwa te koop; nie ’n sleepwa waarop vee gelaai kan word nie. ’n Regte veesleepwa se tralies is 1,8 m hoog, want met tralies van 1,7 m is die kans goed dat jy ’n afgespringde Brahman in die pad sal moet probeer aankeer.

’n Regte veesleepwa het ’n glymat, ’n skuifhek en swaaihekkombinasie en ’n middelhek wat dit makliker maak om beeste te laai en wat keer dat beeste in die ry agtertoe loop en die sleepvoertuig se agterwiele van die grond af lig. ’n Nic-sleepwa is so ’n wa.

SABS-goedkeuring beteken bloot dat die sleepwa al die regte ligte en weerkaatsers en die regte afmetings het. Geen sleepwa word daarvoor getoets nie en dit is geen aanduiding van gehalte nie. ’n Aanduiding van gehalte, sterkte, duursame materiaal en meestervakmanskap is die embleem wat sê: Nic Sleepwaens.

Die voordele van ’n Nicsleepwa is dat dit doelgeskik is en die werk waarvoor dit gemaak is jare en jare lank doeltreffend sal doen, selfs oor die rofste paaie. Agterna sal dit ’n hoë inruilwaarde hê.

Vir meer inligting oor die sleepwa wat voorloop, bel Nic Sleepwaens by 018-673-0223 of 082-859-0904 of e-pos nic@isdnet.co.za. Besoek ook www.nictrailers.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0