Categories: NewsPublished On: 8th July 2010

Die nuwe Mitsubishi Triton: Beloon jouself met ’n bobaas bakkie!

By 3 min read

Ons boere werk hard genoeg en trotseer genoeg uitdagings om nie nog in hulle bakkies rondgeskud en -gestamp te word nie.

Die minste wat ’n boer vir sy werk verdien, is ’n betroubare, gerieflike, immer reg om te ry Mitsubishi Triton-dubbelkajuitbakkie. Die nuwe Triton is die bakkie wat gebou is om saam met die boer te werk, maar wat ook die boer se pad gelyk maak.

Die Triton-dubbelkajuit is in vyf modelle beskikbaar, een presies vir elke boer se behoefte en smaak:

2,4 MPI handrat 4×2
2,5 DI-D handrat 4×4
3,5 V6 handrat 4×4
3,2 DI-D handrat 4×4
3,2 DI-D outomaties 4×4

Kom ons bekyk hulle een vir een:

Triton 2,4 MPI handrat 4×2

Die 2,4 liter viersilinder MPI- (multipunt-inspuiting) -petrolenjin gee jou 94 kW en 194 Nm wringkrag. Hy het Mitsubishi se bewese vyfspoed-handratkas, wat perfek is vir die boer wat ’n dubbelkajuit wil hê, maar nie vierwieltrek nodig het nie.

Triton 2,5 DI-D handrat 4×4

Die 2,5 DI-D se viersilinder-dieselenjin met sy dubbelbonakas en drukbuisinspui­ting lewer 100 kW teen 4 000 opm en 314 Nm wringkrag teen 2 000 opm. Hy vra net 14,6 sekondes om van 0 tot 100 te versnel.

Triton 3,5 V6 handrat 4×4

Hierdie dubbelkajuitwenner se 3,5 liter-petrolenjin met ses silinders en multipunt-inspuiting lewer 131 kW teen 4 750 opm en 295 Nm wringkrag teen 3 500 opm. Met dié wringkrag teen lae enjinomwentelinge is hierdie model ideaal vir sleepwerk.

Triton 3,2 DI-D handrat 4×4

Die 3,2 liter DI-D-enjin lewer 118 kW teen 3 800 opm en 343 Nm teen 3 000 opm. Sy gevorderde drukbuisinspui­ting en rekenaarbeheerde inspuiters sorg vir doeltreffende brandstofbestuur met meer volledige ontbranding, minder uitlaatgas, minder geraas en ’n laer dieselverbruik. Hierdie enjin het homself al deeglik in die Dakar-tydren bewys.

Triton 3,2 DI-D outomaties 4×4

Dieselfde dieselenjin word in hierdie model met sy outomatiese ratkas gebruik. Sy ratkas het vier versnel­lings en ’n hoë en lae strek en word elektronies beheer.

Die Mitsubishi Triton se kajuit is lekker ruim met genoeg plek vir alles wat ’n boer wil saamry. Sy gerieflike sitplekke is verstelbaar om enige boer se lyf perfek te pas en alles wat jy nodig het om die bakkie te beheer is byderhand.

’n Sentrale sluitstelsel en enjinimmobiliseerder sorg dat jou Triton jou eie eiendom bly.

Of jy op die rofste plekke op die plaas wil beweeg of die mooi meisie van die plaas langsaan na ’n glansgeleent­heid by die Staatsteater wil uitneem, die Triton is oral ewe tuis en ewe gepas.

Beskerm die boer

Ons boere moet bewaar word en daarom is die Triton so veilig as wat kan kom. Hy is met frommelsones ontwerp wat in die geval van ’n stamp inmekaarvou terwyl die insittendes deur ’n starre veiligheidsel beskerm word. Versterkte stawe lei die energie van ’n botsing weg van die insittendes af.

Die bestuurder en voorste passasier word boonop deur lugsakke beskerm.

Met of sonder ’n vrag sorg die Triton se ABS-remme met elektroniese remkragverspreiding dat jy kan stop so gou as jy wil.

Die Triton se breër, sterker leeronderstel sorg vir groter veiligheid, positiewe be­stuursdinamika en minder vibrasies. Padhouvermoë en bestuursplesier word verder verhoog deur die Triton se voorste veerstelsel met dubbelwensbene in die plek van die ou wringstaafvere.

Elke Triton-eienaar geniet die voordeel van ’n diens­plan van 3 jaar of 60 000 kilometer en ’n waarborg vir 3 jaar of 100 000 kilo­meter. Die dieselmodelle moet elke 10 000 km ver­sien word en die petrolmo­delle elke 15 000 km.

Die kinders sal baie bly wees om te verneem dat die Triton-dubbelkajuit se agtersitplek ontwerp is om sy passasiers meer been- en kopruimte en meer gerief te bied sodat selfs more se boere by hierdie bakkie baat vind.

Beloon jouself met die beste dubbelkajuitbakkie. Gaan kyk vandag nog by jou Mitsubishi-motor handelaar na die nuwe Mitsubishi Triton.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0