Die kykNET Buite-ekspo Limpopo 2022

Sondela_Ekspo_Logo_800px_Nov2021_1
Die kykNET Buite-Ekspo word na ‘n Covid-19 pandemie van 2 jaar weer hierdie jaar vanaf 24 tot 26 Junie 2022 by Sondela Nature Reserve and Spa net buite Bela Bela aangebied.
Nie net bied hierdie terrein aan ons verskeie unieke geleenthede om die ekspo nog meer interessant te maak met nog meer aktiwiteite nie, maar is dit is ook slegs +-80km vanaf Pretoria, reg langs die N1 snelweg by die Bela Bela afrit!
Die opkoms by kykNET Buite-Ekspo Wes-Kaap in Maart 2022 was ‘n verbysterende syfer van net meer as 22 000 besoekers, by verreweg een van die grootste buitelewe Ekspo’s van sy soort in SA.
In 2019 was die 18de kykNET Buite-Ekspo by Sondela Nature Reserve & Spa in die Bela Bela area aangebied wat weer eens ‘n ongelooflike opkoms gehad het van net minder as 18 000 besoekers!
Wie is ons mark? Marknavorsing wys dat die gemiddelde besoeker in die LSM 8 tot 12 katagorie val, ouderdomsgroep 30 tot 65 en 80% Afrikaanssprekend is.

In Limpopo kom ons besoekers hoofsaaklik uit Pretoria en die voorstede van Pretoria, maar weereens kry ons besoekers vanuit die hele Gauteng en tot sover as Botswana, Namibie, Mpumalanga, Limpopo en die Vrystaat. Die groot trekpleister met hierdie geleentheid is die feit dat die Bela Bela area ‘n toeriste mecca is met volop akkommodasie vir almal.
Behalwe vir die ongelooflike konsep kan die groot sukses van die kykNET Buite-Ekspo ook toegeskryf word aan die groot media ondersteuning en teenwoordigheid van nie net kykNET nie, maar ook ander prominente media venote. Die impak van ons sosiale media venote Lekker Kampplekke en Kamp-Mal wat gesamentlik meer as 400 000 volgelinge het beteken ook geweldig baie, aangesien ons besoekers in meeste gevalle by een of beide van hierdie platforms betrokke is.
Die positiewe finansiële impak wat die geleentheid bring na die streek en ook sy toerisme is van onskatbare waarde.
Hierdie geleentheid is spesifiek gemik op die buitelewe-, kampering- en 4×4-entoesias en die hele gesin is welkom. Dis ‘n volwaardige buitelewe leefstyl Ekspo en bestaan nie net uit buitelewe uitstallers wat hulle nuutste produkte op ‘n baie unieke manier kom uitstal nie, maar bied ook baie opwindende aktiwiteite om die hele gesin besig te hou soos 4×4 ‘Extreme’ kompetisies (waar die publiek ook mag inskryf om deel te neem), André de Villiers van Safari 4×4 Roetes op kykNET se Amarok ritte en helikopter ritte. Daar tree ook puik kunstenaars op, geborg deur Hankook Tyres en daar is ‘n volwaardige vooraf gekeurde kunsmark met goedgekeurde uitstallers.
kykNET se aktivering waar die hulle sepies (Binnelanders, Suidooster en Getroud met Rugby) aan ‘n baie spesiale sepie-braaikompetisie deelneem, geborg deur Jimmy’s Steakhouse Sauces om te bepaal watter sepie gaan koning kraai as wenners, is uiters gewild aangesien die publiek op ‘n baie unieke manier kan skouers skuur met hulle gunsteling sepie sterre!

Die kinders word ook vermaak met ‘n groot pretpark asook items op die verhoog en ouers kan met gemoedsrus hulleself geniet. Daar is volop gekeurde kosverskaffers op terrein met ‘n groot kroeg en biertuin fasiliteit.
Dit is werklik vir ons ‘n groot voorreg om hierdie geleentheid aan te bied en veral met kykNET as ons hoof- en naamreg borg. Daar is min mense in Suid Afrika wat nie weet van die kykNET Buite-Ekspo nie en ons doelwit is om die geleentheid nog verder uit te bou.
Trio Events voldoen 100% aan die Covid-19 voorskrifte soos deur die regering vvorgeskryf.
Daar is nog ‘n paar uitstalareas beskikbaar en belangstellendes kan gerus kontak maak met Tersia by accounts@ekspo.co.za of skakel haar direk op 072-487-0000.