Categories: NewsPublished On: 13th July 2010

Die geheim van die oes lê in die plant: John Deere maak elke pit ’n wenner!

By 2 min read

Presies die regte diepte, presies die regte spasiëring, presies die regte knusse kontak tussen saad en grond en presies die regte hoeveelheid kunsmis op presies die regte plek – dis hoe die John Deere MaxEmerge 1750-sleepplanter elke pit perfek plant.

En dis hierdie perfekte proses wat elke John Deere-mieliepit die voorsprong gee wat hom tot ’n wenplant vir ’n winsoes laat ontwikkel in enige produksiepraktyk – vanaf konvensionele be­werking tot geenbewerking.

Daarmee stem Gert Claassen, wat saam met sy pa, Koot, Claassen Boerdery naby Delmas bedryf, volmondig saam. “Ons gebruik al baie jare lank John Deere, want dit is ons beleid om die bes­te werktuig vir elke taak te kies,” vertel Gert.

“John Deere se produkte en diens is goed, ons het ’n goeie verhouding met die mense van Afgri, wat die John Deere-agent is, en John Deere het homself oor baie jare as die voorloper bewys.”

Met die 1750-planter is Gert baie tevrede. Na sy mening is die volgende kenmerke van dié planter van deur­slaggewende belang:

  • Sy kunsmistoediening, met die gehapte kunsmisskottelkouter wat teen ’n hoek sny, is baie doeltreffend. Die Claassens dien vloeibare kunsmis toe, maar die 1750 kan ook vir korrelkunsmis bestel word.
  • Die dieptebeheer word maklik gestel en werk baie goed. Die plantereenhede beweeg onafhanklik van mekaar op en af sodat presies die regte plantdiepte deurgaans gehandhaaf word, selfs op ’n ongelyke land.
  • Die vakuumstelsel werk foutloos.
  • Die nuwe drukwiel sorg vir nog beter kontak tussen saad en grond en vorm ’n baan vir water. Dit verseker ’n beter opkoms.
  • Die plantspasiëring is perfek.
  • Planterkalibrasie is maklik en die keuses is bykans onbeperk met vyftig tand­ratverhoudings.
  • Die Claassens plant 12 hektaar voordat hulle die saadbakke hoef vol te maak, maar ’n mens kan meer of groter saadbakke aan jou 1750 monteer.
  • Die 1750 is ten volle versoenbaar met presisieboer­dery.

Claassen Boerdery het John Deere-planters wat al 12 seisoene agter die rug het en nog steeds soos nuwes plant. Die nuwe 1750 is nog stewiger met sy skagbasis van rekbare gietyster, sy dikker TruVee-plantvooroopmakers met sterker laers en sy stewiger saadbuisbeskermers.

Die Claassens gebruik sesryplanters, maar die 1750 is beskikbaar in 3, 4, 5, 6 en 8 rye met ’n verskeidenheid rywydtes.

John Deere het ’n perfekte planter vir elke toepassing en taak. Skakel John Deere by 011-437-2600 om te hoor wie die handelaar naaste aan jou is.
 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment