Categories: NewsPublished On: 1st February 2012

Die-Boland-brand-steeds

By 1 min read

‘n Brand in die Wellington-distrik woed steeds na dit groot skade aangerig het. Helikopters en brandbestryders spook om plase van die vuur te red.

Die brand het groot skade aangerig aan huise, die wildlewe en sowat 4 450 ha fynbos. Verskeie inwoners in die gebied moes hulle huise ontruim.

Die omvang van die krisis is beklemtoon toe die lugmag ingestem het om twee Oryx-helikopters beskikbaar te stel om te help. Altesame sewe helikopters het probeer om die vuur in die berge naby Wellington te blus. Hulle het die vlamme laat bedaar, maar diep in die klowe is die vuur steeds buite beheer.

Hermie Visser, ‘n brandweerbevelvoerder, het vertel hoe hulle tevergeefs probeer het om die die houthuisies van die Steenbokpark-private kampeerplek in Bainskloof teen die vlamme te beskerm. Agtien houthuisies is in die brand vernietig.

Die vuur het later van rigting verander en grootskaalse skade aangerig, hierdie keer naby die Limietberg tussen Wellington en Tulbagh. Verkeersbeamptes is gedwing om die R301 te sluit toe die brand daar begin dreig het.

 

Bron: Die Burger

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0