Categories: NewsPublished On: 6th July 2010

Die beste oes begin by die beste planter: Equalizer

By 3 min read
634 words

Groot voordele skuil in geenbewerking, maar dan moet jy die regte planter hê. En daardie regte planter is Theebo Tech se Equalizer, glo talle tevrede boere, waaronder Hennie Eksteen van Eksteen Boerdery naby Klipheuwel op die suidelikste punt van die Swartland.

Sy koringstudiegroep het verskillende planters getoets en hy het met plantkontrakteurs en ervare geenbewer­kingboere gepraat. Deur die bank was die antwoord dat Equalizer loshande die beste planter vir sy werk is.

Equalizer-planters is in Suid-Afrika ontwikkel, wat verseker dat dit presies aan die behoeftes van die Suid-Afrikaanse boer voldoen.

Hennie is hoogs tevrede met sy Equalizers. “Hulle is tegnologies baie gevorderd, maar uiters betroubaar. Hulle slyt nie en alles is gedoen om onderhoud so laag as moontlik te hou sodat jy geen tyd of geld mors nie.”

Alhoewel die Equalizer enige soort saad in enige omstandighede perfek plant, selfs al het dit nie ’n druppel gereën nie, is jou oesvooruitsigte baie beter as jy kan plant wanneer die omstandighede presies reg is.

Dis wanneer ’n boer bly is dat hy met Equalizer plant. Hennie se Equalizers – een van 10 meter en een van 7 meter – vou klein genoeg op om op die teerpad te ry na sy verskillende lande. Hulle is ontwerp met so ’n smal middelstuk en sulke wye vlerke as moontlik.

En wanneer ’n Equalizer eers op die land is, plant hy 24 uur per dag sonder staantyd of sukkel.

Sy tenks hou so 2,5 ton kuns­mis en 1,5 ton saad sodat jy byna 20 hektaar kan plant voordat jy hoef vol te maak. Die kunsmis en saad raak saam op en Hennie-hulle gebruik ’n laaigraaf en massa­sakke om hulle planters woerts-warts vol te maak.

Hennie se grond is redelik klipperig met tipiese Swartland-skalie en op party plekke ’n bietjie meer klei, en Equali­zer plant oral ewe perfek – soos ook in die Overberg waar die hele wêreld die ene klip is.

Die Equalizer se tande het mespuntskare met wolframpunte en hulle hou vir Hennie ’n hele seisoen voordat hulle aandag vra.

Sy unieke uitmeetwiele het borsels wat hulle deurgaans skoon hou om akkuraatheid te verseker en verstoppings te voorkom. As jy met droë kuns­mis werk, hoef jy hulle nooit skoon te maak nie. Hennie het al in motreën geplant sonder dat die kunsmis verstop het.

Waar ander planters se uitmeetwiele amper soos waterwiele werk en die holtetjies dikwels volpak sodat hulle minder en minder uitgooi, is die Equalizer s’n ’n ronde wiel met vingerpunte wat die heeltyd deur borsels beweeg sodat hulle deurgaans skoon bly en deurgaans absoluut akkuraat uitmeet om enige saad, selfs kanola, altyd perfek te plant.

Kalibrering is maklik en vinnig om te verstel en jy kan jou plantdiepte baie mooi beheer.

Sy saad- en kunsmisplasing is perfek en sy unieke, breër drukwielietjie verhoed ook dat gif in die plantvoor beland deurdat dit ook die kante netjies vastrap.

Sy gifspuitsproeiers vorm groter druppels om selfs in ’n redelik sterk wind baie goeie plasing en onkruidbeheer te verseker.

Maar dit is nie al nie: Met sy Equalizers en geenbewerking kan Hennie nou vir die eerste keer van sy kontoerwalle verwyder en op die oorblywendes plant, wat sy boeroppervlakte met sowat 5% vergroot en die groot onkoste van onkruidbestryding op kontoerwalle uitskakel.

’n Belangrike bate wat jy bykry wanneer jy Equalizer koop, is Theebo Tech se kundigheid en getroue diens wat verseker dat jy altyd sonder sukkel sal plant. Geen wonder mense staan tou om selfs tweede­handse Equalizers op te raap nie.

As jy ook sonder kommer perfek wil plant, praat met Gideon Schreuder by 021-981-2161 of e-pos gideon@equalizer.co.zaof besoek www.equalizer.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0