Departement-van-Arbeid-wil-haas-met-uitbetalings
![]() |
Van 80 dae tot net minder as 10 dae. Dit is die Departement van Arbeid se mikpunt vir vergoedingsfonds-uitbetalings na ongelukke. Die Departement is tans besig om meganismes te ondersoek om dié drastiese verbetering in die omkeertyd vir uitbetalings moontlik te maak, het die departement se Direkteur-generaal, Nkosinathi Nhleko gesê.
Mnr Nhleko het erken dat daar vele oponthoude binne die bestaande stelsel voorkom, "maar hierdie knelpunte sal oorkom kan word” het hy gesê. “Dit is moontlik om die tydsduur van uitbetaling te verkort. Die saak is tans onder bespreking en ek hoop dat ons in staat sal wees om die verwerkingstempo (van aansoeke) te kan bespoedig".
Mnr Nhleko het op ‘n forumbespreking wat deur werknemers- en werkgewersorganisasies bygewoon is, gepraat.
Bron: www.moneyweb.co.za