Categories: NewsPublished On: 8th February 2012

Demokrasie-in-Suid-Afrika-neem-af

By 1 min read

Demokrasie in Suid-Afrika het afgeneem volgens ‘n opname deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings.

Die Instituut het verskeie internasionale faktore gebruik om die land se demokratiese vlak te meet tussen 2008 en 2011. Enkele terreine waar Suid-Afrika goed presteer het was met betrekking tot politieke stabiliteit, goeie burgerskap en die opheffing van armes.

Die grootste terugsakking was met betrekking tot die beheer van bedrog, burgerlike vryheid en die regering se vermoë om goeie openbare dienste te lewer. Suid-Afrika se telling het vanaf 7,91 tot 7,79 geval. 

Ondertussen het die Wêreldbank Suid-Afrika ook laer punte gegee as in 2008 in vier van die ses kategorieë. Die kategorieë sluit in die regering se aanspreeklikheid, vermoë om korrupsie te beheer, asook kwaliteitsbeheer en die regering se bekwaamheid.



Dit is veral voorgestelde wetegewing soos die beskerming van staatsinligting wat Suid-Afrika se telling negatief beïnvloed.

Bron: Business Live

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment