Categories: NewsPublished On: 10th November 2011

Deel-van-Apies-tot-rampgebied-verklaar

By 1 min read
AfriForum se ondersoekeenheid is tans besig om klagtes van boere in die Rooiwal-omgewing noord van Pretoria te dokumenteer wat grootskaalse verliese gely het weens ‘n rioolkrisis. 
 
Die Departement van Waterwese het die Rooiwal-rioolaanleg en die Apiesrivier noord van die aanleg tot ʼn rampgebied verklaar weens die groot hoeveelheid rou riool wat daagliks in dié rivier gestort word.
 
Die departement het op ʼn onlangse vergadering daarop aangedring dat die Tshwane-metroraad dringende stappe neem om die probleem op te los, het Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum gesê.
 
Dié burgerregte organisasie het onlangs ʼn brief aan die metroraad gestuur om daarop aan te dring dat hulle met ʼn aksieplan vorendag kom om die groeiende rioolkrisis by die aanleg te hanteer. In die brief is ook gemeld dat die betrokke gebied tot ʼn rampgebied verklaar moet word.
 
Volgens mnr Kleynhans is die Rooiwal-rioolaanleg se probleme grootliks te wyte aan swak beplanning en onbevoegde en bestuur. 
 
“Toenemende eiendomsontwikkeling en die gepaardgaande gebrek aan behoorlike beplanning en ontwikkeling van infrastruktuur is die grootste oorsaak van rioolstorting in die land se riviere,” het mnr Kleynhans gesê.
 
Sowat R11 miljoen kan na die departement se besluit  beskikbaar gestel word vir die instandhouding en opgradering van die Rooiwal-rioolaanleg.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment