dbXtream plantertegnologie: Boere bespaar diesel en verhoog opbrengs
Breë glimlagte loop deesdae op die Hoëveld rond en agter elkeen van daardie glimlagte loop ’n boer wat ’n dbXtream-geenbewerkingplanter van Agri-Phyto besit.
En ook geen wonder nie, want met die dbXtreamplanter bespaar jy ’n vrag insetkoste terwyl jy jou opbrengs merkbaar opstoot.
Een van die glimlag-boere is Peet Steynberg van Mooiplaas naby Hendrina. Hy bespaar ’n volle 70 liter diesel per hektaar omdat hy nou geen ander bewerkings as plant en spuit doen nie.
Boonop het die dbXtream die vermoë om verskillende soorte kunsmis afsonderlik in presies die regte hoeveelhede toe te dien, wat beteken dat hy elke kunsmiselement afsonderlik kan koop waar hy dit teen die beste prys kry. Dit beteken nog ’n klomp geld in Peet se sak.
Maar dit is nie al nie. Al die bewerkings wat voorheen gedoen is het miljoene rande aan trekkers en werktuie gekos en dan nog derduisende rande elke jaar aan onderhoud, herstelwerk, slytasie en waardevermindering.

Dit alles saam beteken vir die boer ’n reusagtige besparing aan insetkoste, maar die verstommendste van alles is die feit dat dbXtream se vernuftige planttegnologie boonop gesonder plante en groter oeste meebring. Dís nou tegnologie in aksie!
Quintus van Staden, ’n plantkontrakteur, plant nou al etlike jare vir boere met dbXtream. Hy vertel dat minimumbewerking met die dbXtream daarvoor sorg dat die grondtekstuur elke jaar verbeter. Dit bring mee dat jou dieselverbruik elke jaar daal en jou opbrengs elke jaar styg.
Minimumbewerking is nie net goedkoper nie, maar dit is ook ekologies vriendelik en bevorderlik vir grondlewe. Die organiese materiaal in die grond bevorder die bewaring en beweging van water en dus voedingstowwe, verhoed erosie en maak dit makliker om in nat lande te beweeg.
Maar vir suksesvolle minimumbewerking het jy ’n planter nodig wat sy man kan staan – die dbXtream. Kyk net:
Die dbXtream plant elke pit presies op die regte plek en diepte sodat almal ’n presies gelyke groeikans het.
Hy verseker dat die saad perfekte kontak met die grond, vog en voedingstowwe het.
Hy skep genoeg plek vir wortelontwikkeling en plaas kunsmis presies daar waar die wortels dit tydens die groeiproses kan bykom.
Die graaf vertel…
Dit klink na ’n baie mooi teorie, maar werk dit werklik in die praktyk? Gryp jou graaf en gaan kyk self.

dbXtream se manne het ’n proefaanplanting op Kanhym se plaas net buite Middelburg op die Hendrinapad gedoen. Presies dieselfde kultivar is op dieselfde dag geplant – ’n deel met minimumbewerking en ’n dbXtream-planter en ’n deel met konvensionele bewerking en ’n gewilde konvensionele planter.
Die wortelontwikkeling en graanopbrengs van die dbXtream- mielies is merkbaar beter as dié van die konvensionele planter – reeds in die eerste jaar, en almal weet dat minimumbewerking se ware voordele eers oor die lang termyn na vore kom.
Ook sojabone wat met die dbXtream geplant is se wortelontwikkeling is merkbaar beter as dié wat met ander planters geplant is en as ’n mens nou na die aantal vol vierpitpeule in Karel Landman van Hendrina se aanplantings kyk, dan lyk dit of hier ’n oes aan die kom is wat die boere se glimlagte nóg breër gaan maak.
Só werk dit:
Maar hierdie prestasie is nie toevallig nie, sê Rinus Willemse van Agri-Phyto. Dit is die logiese resultaat van die dbXtream se groeibevordelike plantproses, wat só werk: ’n Stewige, veerbelaaide skyfsnyer sny ’n netjiese pad deur plantreste. Dan kom die dbXtream se dieplemstelsel agterna met sy unieke een-twee-drie aksie:

Aksie 1: Die tand (verskillende lengtes is beskikbaar vir verskillende behoeftes) se plat gesig breek die grond vir doeltreffende belugting en waterindringing. Reg agter die tand word kunsmis in die voor toegedien.
Aksie 2: ’n Spesiale toemakertjie vorm met ’n smeeraksie ’n ferm saadbedjie waarop die saad netjies en presies gespasieer neergesit word.
Aksie 3: Die breë, papperige vastrapwiel stoot die losgrond in die plantslootjie in en trap dit netjies vas, elke pit presies ewe diep en die grond rondom elkeen presies ewe ferm.
Die resultaat is dat elke pit die prefekte kans vir ontkieming en groei het. Daar is ook genoeg ondersaadbewerking met bemesting op presies die regte plek om die wortels ’n voorsprong te gee wat regdeur die plant se lewe duur.
Gesonder, sterker wortels beteken ’n gesonder, sterker plant en ’n beter oes.
Dis hierdie vernuftige tegnologie wat die dbXtream die voorste planter maak vir mielies, sojabone, lupiene, sonneblom, koring, kanola,gars, hawer, lusern, medics en tef.

’n Belangrike voordeel wat die boer geniet, is dat Agri-Phyto se mense strykdeur saam met die boer werk om hulle produkte immer nog meer te verbeter en om elke planter presies volgens sy eienaar se behoefte aan te pas.
Agri-Phyto se mense bied ‘n ongelooflik goeie rugsteundiens,” sê Peet Steynberg. Hulle het nie gerus voordat hulle al die beginprobleme uitgestryk het nie en ek sien uit na die volgende plantseisoen.”
Peet waarsku egter dat geenbewerking nie ’n kitsoplossing is nie. Jy moet jou grondbiologie en -balans, veral tussen kalsium en magnesium, regstel. Hy is baie ingenome met die resultate wat hy tot dusver met mielies en soja behaal het.

Ook Karel Landman sê dat hy nou, met sy dbXtream en minimumbewerking, die beste sojasaadbeddings nog gekry het. Die planter trek lig en verg baie min onderhoud omdat hy geen kettings en min laers het. Karel het oral gegrawe en is ingenome met sy soja en mielies se wortelontwikkeling. “Minimumbewerking en dbXtream is die plan vir die toekoms,” sê hy.
Jy kan deel in daardie blink toekoms. As jy op die Hoëveld boer, praat met Nic Basson 084-840-0623 of Richard Dannhauser 082-463-6625.
Boere elders in die land kan met Rinus Willemse praat by 028-735-2425 of 082-441-7255 of e-pos dbx@dbx.co.za.