Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 5th February 2025

Gebou op vertroue, aangedryf deur Gallagher

By 2 min read
399 words

Untitled design

Doen dit op die regte manier of doen dit glad nie, dit is wat Danie de Kock van CJ Nette glo, en vir hom is die Gallagher-manier die regte manier.

Gevestig in Groblersdal, spesialiseer CJ Nette in hoë-end elektriese heinings installasies vir besighede oor ‘n wye area. Danie se reis met Gallagher het in 2002 begin toe hy uitsluitlik op hul produkte vir sy plaas staatgemaak het.

Toe Danie keelvol was vir boerdery het hy besluit om ‘n Gallagher-herverkoper te word, want hy was so lief vir die produkte. Hy verduidelik toe hy ‘n boer was, het hy net in Gallagher-produkte op sy plaas geglo.

“Ek het net Gallagher-produkte vir my plaas gekoop, selfs toe was dit die beste op die mark, en ek was baie tevrede met die kwaliteit,” verduidelik Danie.
Toe Danie die waarde van hierdie produkte sien, het hy dit vir ander begin installeer. In 2016 het hy dit sy voltydse besigheid gemaak en amptelik ‘n Gallagher-herverkoper geword. Sedertdien het hy elke Gallagher-produk wat in Suid-Afrika beskikbaar is, verkoop. Deur praktiese ondervinding het hy ‘n kenner in installering en instandhouding geword, om te verseker dat sy kliënte die beste moontlike oplossings ontvang.

Van die gewildste produkte wat hy installeer, is die MBS2800i Energizer, wat deurlopend positiewe terugvoer van sy kliënte ontvang het. In Danie se oë kan Gallagher geen verkeerd doen nie.

“Sedert Mark Smit betrokke geraak het, was die ondersteuning van Gallagher uitstekend. Ons werk goed saam,” sê hy.
Terwyl hy soms ander handelsmerke installeer op versoek van die kliënt, beveel hy Gallagher altyd eerste aan. Sy vertroue in die handelsmerk is so sterk dat hy net waarborge op Gallagher-produkte bied. “Ek weet Gallagher-produkte kom teen ‘n premium prys, en nie elke kliënt kan dit bekostig nie, maar jy kry waarvoor jy betaal,” verduidelik hy.

Oor die afgelope twee jaar het CJ Nette aansienlike groei beleef, wat Danie toeskryf aan die duursaamheid en kwaliteit van Gallagher-produkte. As hy vorentoe kyk, hoop hy om voort te gaan om sy verhouding met Gallagher te versterk en beide besighede saam te laat groei.

Om te sê Danie is gelukkig met Gallagher is ‘n understatement en sy enigste wens vir sy verhouding met Gallagher is dat albei maatskappye saam nog groter kan groei.

Danie De Kock I CJ Nette I 26 Duiker Straat, Groblersdal, Limpopo, 470, Suid-Afrika I 27721478053 I Besoek CJ Netta hier  I  Gallagher Animal Management

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0