Categories: NuusPublished On: 10th October 2018

CropLife Suid-Afrika spog met nuwe lede in die span

By 2 min read
337 words

Fltr E Theron G Verdoorn R Bell F Nzuza

Elriza Theron, dr Gerhard Verdoorn, Rodney Bell en Fikile Nzuza.

CropLife Suid-Afrika, ‘n nie-winsgewende bedryfsvereniging wat die plantwetenskapbedryf verteenwoordig, het nuwe lede in die bestuurspan aangestel om te verseker dat die 2021 visie wat deur die Uitvoerende Raad uiteengesit is, in werking gestel word. Die vereniging verteenwoordig die meerderheid verantwoordelike vervaardigers, verskaffers en verspreiders van volhoubare gewasbeskermingsoplossings in die landbou-, openbare gesondheid-, en verbruiker-sektore.

Die span word deur uitvoerende hoof, Rodney Bell, wie geen vreemdeling in die gewasbeskermingsbedryf is nie, gelei. Bell het die afgelope 20 jaar in verskeie kommersiële en tegniese rolle by DuPont op streeks- en internasionale vlak gedien en het deeglike kennis van CropLife Suid-Afrika sienend dat hy voorheen self ‘n lid van die Uitvoerende Raad was. Benewens die bestaande administratiewe personeel, word hy vergesel deur nuut aangestelde dr Gerhard Verdoorn, bedryfs- en rentmeesterskapbestuurder, Fikile Nzuza, regering- en regulatoriese-skakel en Elriza Theron, bemarkings- en kommunikasiebestuurder, sowel as Agri-Intel-bestuurder, Chana-Lee White wat die gesogte databasis vir die afgelope vier jaar al voltyds bestuur.

Die span se mandaat is om hierdie kernstrategiese doelwitte, naamlik rentmeesterskap; skakelwerk met die regering, wetgewing en voldoening; kommunikasie en beeldbou van die gewasbeskermingsbedryf sowel as onderrig, opleiding en vaardigheidsontwikkeling, te vervolmaak.

“CropLife Suid-Afrika streef daarna om volhoubare voedselproduksie, voedselsekuriteit en openbare gesondheid gemoedsrus te verseker, terwyl hoë vlakke van omgewingsversoenbaarheid gehandhaaf word ter ondersteuning van ons lede, verbruikers en die breër samelewing. Ons is voorstanders van die rol van vernuwende inleiding in ons bedryf, terwyl ons as skakel tussen ons lede en die regulerende liggame van die land, dien. Ons verwag dat ons lede aan die hoogste vlakke van produkbestuur moet voldoen en die Vereniging se gedragskode in al hulle aktiwiteite handhaaf. Ek sien daarna uit om hierdie doelwitte met die nuwe CropLife Suid-Afrika-span, in samewerking met alle lede van die vereniging, na te streef”, sê Bell oor hierdie nuwe onderneming.

Die span sal die uitvoering van die vereniging se nuwe strategie verseker ten einde die produksie van veilige voedsel en vesel op ‘n verantwoordelike en volhoubare wyse aan die mense van Suid-Afrika te fasiliteer en te lei.

Bron: CropLife Suid-Afrika

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0