Categories: NewsPublished On: 7th July 2010

Corolla beskerm (en vertroetel) die boer se belangrikste bate

By 3 min read

Onverskrokke en immer ondersteunend te midde van al die uitdagings wat landbou aan vandag se boer stel, staan sy getroue vrou.

Dis sy wat aanmoedig, versorg en troos, en wat ’n magdom take waarvoor die besige boer net nie tyd vind nie op haar skraal skouers neem.

Die wakker boer besef die waarde van sy vroulike vennoot en daarom sorg hy dat sy net die veiligste, betroubaarste voertuig het om haar rye mee te ry.

Dis hoekom oom Jaap Bossert van Mareetsane se vrou, tannie Maxie, ’n Toyota Corolla het.

Mareetsane is so 110 km van Lichtenburg af en dit wat nie grondpad is nie, is slaggate. Daarvoor het ’n mens ’n motor nodig wat vas op sy voete is, wat maklik en rats hanteer en wat stewig genoeg is om slegte paaie te kan weerstaan, maar tog gerieflik ry.

Dit is tannie Maxie se Corolla 1,8 Exclusive met sy outomatiese ratkas terdeë. “Dis die eerste motor wat ons teëkom wat so vas op die pad is en almal in ons familie stem saam dat hy jou sommer baie veilig laat voel,” sê sy.

Tannie Maxie laat haar nie net met haar Corolla se pragtige kleur en aantrelike fatsoen tevrede stel nie. Sy en oom Jaap was al in ’n motorongeluk wat deur ’n padvark veroorsaak is en daarom is veiligheid vir haar baie belangrik.

Die begin van veiligheid is vir haar padhouvermoë en bestuurbaarheid en dit het die Corolla gewis met sy groot wiele, doeltreffende veer­stelsel, outomatiese ratkas en kragstuur.

Hy waarsku jou ook as jy koers kies sonder om jou sitplekgordel vas te maak, hy het die mees gevorderde en doeltreffendste remstelsel wat jy aan ’n voer­tuig kan verwag, hy het kantbotsstawe, verskeie soorte lugkussings en sweepslagverminderende sitplekke wat insittendes in die geval van ’n botsing beskerm.

Vir tannie Maxie is die outomatiese lugversorger met klimaatbeheer baie belang­rik, want in hulle wêreld wissel die temperatuur tussen bibberkoud en snikheet.

Die sitplekke is so verstelbaar dat dit ’n persoon met ’n baie eienaardige bou moet wees wat nie gemaklik en sonder moegword in die Corolla kan sit nie.

Tannie Maxie hou ook van dié model se leerbekleedsels wat maklik skoonmaak en skoon bly en van die kattebak wat ruim genoeg is om al die negosie saam te ry wat jy op ’n plaas kan nodig kry.

In vandag se lewe is die sentrale sluitstelsel is ook baie belangrik: as jy net een deur sluit, sluit almal sodat niemand onverhoeds ’n deur kan ooppluk nie. Voorts is Toyota bekend vir sy betroubaarheid, sê tannie Maxie. Hy sal nie langs die pad gaan staan nie.

Die Bosserts is ook inge­nome met die sorgsame diens wat hulle van Ben du Toit van Lichtenburg Toyota kry en met die Corolla se brandstofverbruik wat heel aanvaarbaar is vir die soort rywerk wat hulle met hom doen.

Die Corolla is ’n veilige, ruim, gerieflike, betroubare, kragtige gesinsmotor. Besoek vandag www.toyota.co.za, of nog makliker, praat met jou Toyota-handelaar.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment