Categories: NewsPublished On: 6th July 2010

Claas-stroop-los-voor-in-die-Swartland

By 3 min read

Gee my ’n koppie om op te staan
Gee my die Swartland met al sy graan

So sing die digter, AD Keet, in sy gedig, Maar een Suid-Afrika.

Maar graan op die land is nog nie geld in die sak nie. Laat ons maar hoop oom Keet weet sonder ’n stoere stroper wat sy man kan staan gaan al daardie graan vir Keetjie na sy peetjie.

Dis hoekom die Swartland se voorste boere Claas-stro­pers gebruik. Claas is die betroubaarste stroper met die grootste kapasiteit en werklus, sê hulle.

Twee tevrede Claas-base is Jan en Schalk van der Merwe van Kraanvlei Boerdery naby Moorreesburg. Vroeër het die twee broers tot vyf stropers op ’n slag gebruik, maar deesdae stroop hulle so 2 000 hektaar binne twintig stroopdae met hulle twee Claas-staatmakers; ’n Lexion 480 en ’n Lexion 580.

Teen ’n tempo van 30 tot 40 ton per uur stroop die Lexion netjies en skoon om die boer die volle voordeel van elke korrel koring te gee.

Die eerste wenkenmerk van die Lexion is sy ongelooflike groot kapasiteit, vertel Schalk. Hy kan soveel materiaal hanteer as wat jy deur sy bek gedruk kan kry.

Strooptyd skuif Schalk self agter die 580 se mikke in en dit is vir hom geen opoffering nie, want die Lexion koester sy operateur in die grootste gerief, sodat hy na sestien uur se stroopwerk nog fiks en fris is.

Een hand beheer en verstel alles wat nodig is sonder inspanning – van die stroper en sy siwwe se spoed tot die awegaar se uitswaai en aflaai.

Die Lexion se Auto Contour-beheer sorg self dat die snyertafel van 9,1 meter deurgaans die grondkontoer volg om akkuraat en egalig te sny sonder om ooit aan die grond te raak of klippe op te tel. Dit stel die ope­rateur in staat om heerlik ontspanne sy aandag aan ander sake te wy.

Met sy logiese kajuituitleg en kontroles is dit maklik om die stroper te beheer. Hy het lekker klimaatbeheer in die kajuit, ’n koeldrankyskassie, ’n gerieflike maatjiesitplek vir geselskap en ’n radio vir musiek.

As jy net onthou om die radio nie na die nuus oor te skakel nie, stroop jy heeldag lekker sonder ’n enkele kwelling in die wêreld.

Die Lexion het genoeg ligte om ook in die nag te stroop en Schalk is veral bly oor die nuwe Lexion se liggies wat jou toelaat om nou ook te sien wat reg agter die tafel aan die gang is.

Stroop sonder sukkel of staan

Maar vir Schalk is die lekkerste lekkerte van ’n Claas-stroper die vaste wete dat jy jou oes sonder sukkel of staantyd sal stroop. Daarvoor sorg die drieledige voorsprong wat elke Claas-eie­naar geniet:

Eerstens word elke Claas-produk presies volgens die boer se behoefte ontwerp en vervaardig. Dit verseker ’n betroubare stroper wat ’n groot volume graan netjies kan stroop en nooit loop lê nie.

Tweedens span Claas die mees gevorderde tegnologie in om die boer te dien. ’n Sensorstelsel waarsku jou as enige deel van die stroper uit pas met die res begin loop. Gewoonlik is dit die gevolg van ’n dryfband wat begin slap word of ’n laer wat begin ingee. Hierdie tydige waarskuwing gee die boer kans om die probleem reg te stel lank voordat dit tot skade of staantyd kan lei.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0