Categories: NewsPublished On: 8th July 2010

Claas-stroop-jou-graan;-nie-jou-sak-nie

By 2 min read

PurClaas-stroop-jou-graan-nie-jou-sak-nie/p>

Een boer wat breed glimlag oor Claas se prestasie en Barloworld Agriculture se flink diens deur sy landwye handelaarsnetwerk, is Stinus Breedt wat elke jaar hektare en hektare mielies tussen Middelburg en Hendrina produseer.

“My Claas Lexion 470 stroop nou al sy vyfde seisoen sonder sukkel, sonder probleme en sonder staantyd,” vertel Stinus.

Hy het die stroper gekoop nadat ’n boer in die Overberg dit na een seisoen se koringstroop op ’n Lexion 580 ingeruil het. In daardie stadium het die masjien net 900 hektaar platgesnyde koring agter die rug gehad.

By Stinus op die Hoëveld werk ’n stroper heelwat harder. Daar stroop hy elke jaar 2 200 hektaar mielies en sy Lexion is tans onstuitbaar besig om sy vierde seisoen se oes te stroop.

Die ergste wat al met dié stroper gebeur het, is die normale, verwagte laer hier en daar en soms ’n v-band wat vervang moes word, maar niks ernstigs nie en volstrek niks wat staantyd kos nie.

Dit is baie belangrik, want Stinus het dure ondervinding van ander soorte stropers waar jy meer tyd en geld daaraan spandeer om die ding aan die loop te kry en te hou as om jou mielies te stroop.

Met Claas is die ewige gesukkel op ’n einde. Die Lexion werk hard en stroop deeglik, maar hy vra baie min in terme van herstelwerk, onderhoud en brandstof. Die 12 liter diesel wat hy per hektaar gebruik is veel minder as wat vorige vraatsige sukkelstropers opge­slurp het.

En waar sy vreemde voorgangers na twee jaar se stroopwerk poegaai was, stap Stinus se Claas Lexion 470 na vier seisoene nog net so flink en vaardig asof hy gister uit die fabriek gekom het.

Hy stroop so 25 hektaar per dag op ’n agtuurskof, maar as jy dag en nag wil stroop het hy genoeg ligte en lus om rondom die klok te werk.

By die tarentale is die Lexion bra ongewild, want waar hy gewerk het soek hulle vergeefs na ’n mieliepit – elke pit beland daar waar hy vir die boer saakmaak: in die Lexion se graantenk van 10 500 liter.

Die Lexion stroop boonop so skoon as wat jy wil en dis ’n loutere plesier om met hom te werk.

Vir meer inligting oor stroop sonder sukkel, skakel een die Claas-streeksbestuurders:

Jimmy Immelman by 083-635-2220 vir die Wes-, Suid- en Oos-Kaap.

Gerhard Bezuidenhout by 083-627-0228 vir die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes.

Henry van Vuuren by 083-641-9151 vir KwaZulu-Natal, Oos-, Sentraal- en Noord-Transvaal.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment