Categories: NewsPublished On: 12th July 2010

Claas-Lexion-600:-Die-wenstroper-vir-'n-wenoes

By 3 min read

Dink vir jouself: As jy net 21 dae tyd het om ’n tamaai oes van 1 700 hektaar besproeiings­koring te stroop en met mielies te beplant, of net 30 dae om 1 700 hektaar mielies teen tot 18 ton per hektaar te stroop en koring te plant, het jy geen oomblik tyd om met sukkelstropers te spook nie.

Net die beste is goed genoeg: Claas se voorloperstropers met Barloworld se voorloperdiens.

So sê Pierre en Ferdie Osborne van Osborne Boer­dery naby Hopetown. Soos dit fatsoenlike broers betaam, boer Pierre en Ferdie in vrede en eensgesindheid saam en neem telkens beter besluite omdat elke besluit deur twee wakker koppe gaan.

Een so ’n wyse besluit was om hulle reeds gedugte reeks Claas-stropers met ’n Lexion 600 aan te vul. Sodra hulle oudste stroper 5 jaar oud is en 50 000 ton graan deur sy lyf het, vervang hulle hom met ’n nuwe. In daardie stadium is ’n Claas-stroper nog reg vir baie werk en hulle kry telkens ’n baie goeie inruilprys.

Met hierdie beleid het Osborne Boerdery nou ’n Lexion 480, ’n Lexion 580 en ’n Lexion 600, wat die grootse, sterkste, mees gevorderde stroper in die wêreld is.

Met dieselfde uitmuntende ingenieursvernuf as sy voorgangers, maar ’n totale skeidingsoppervlak van 6,2 meter teenoor die Lexion 580 se 5,8 meter en ’n graantenk van 12 000 liter teenoor die 580 se 10 500 liter, is die Lexion 600 perfek vir groot volumes en hoë opbrengste.

Vir Osborne Boerdery is dit die ekonomiese keuse aangesien die Lexion 600 se kapasiteit hulle in staat stel om hulle reuse taak met net drie stropers te verrig, waar andersins straks vier sou nodig wees.

Die Osbornes se groot stroop vind twee keer per jaar plaas: Desember wanneer hulle so 12 000 ton ko­ring stroop, en in die winter wanneer hulle binne 30 dae 24 000 ton mielies stroop en 1 700 hektaar koring plant.

De Osborne-broers stroop hulle koring in die rondte op die spilpuntsirkels teen so 7 km/h. Mielies stroop hulle in rye met ’n twaalfry-plukkerkop teen 8 tot 10 km/h.

Teen ’n opbrengs van 14 tot selfs 18 ton mielies per hektaar moet ’n stroper sy kunsies ken om voor te bly, maar Claas gee perfekte gestalte aan die broers se stroopver­eistes van: Die bes­te gradering en al die pitte in die tenk.

Claas hanteer die vinnige besproeiingsmieliekultivars se sagter pitte sagkens, maar streng, om ’n skoon monster en heel pitte te lewer. Dit is natuurlik die resultaat van Claas se hibriede-stroopstelsel wat die boer die beste beskikbare strooptegnologie bied. Dit bestaan uit ’n versnelde-voorskeidingstelsel en Claas se revolusionêre Roto plus sekondêre skei­stelsel, waaroor meer in die vorige uitgawe van ProAgri gesê word.

Vir perfekte presisieboerdery en rekordhouding het die Lexion sy eie, ingeboude rekenaar.

’n Belangrike oorweging vir die Osbornes is dat Barlo­world en hulle handelaars se mense die boer se posisie verstaan. Hulle is ernstig oor boerdery, uitmuntend opgelei en gaan uit hulle pad om staantyd uit te skakel.

As jy ook wil stroop om te wen, skakel een van Claas se streekbestuurders:

Jimmy Immelman by 083-635-2220 vir die Wes-, Suid- en Oos-Kaap.

Gerhard Bezuidenhout by 083-627-0228 vir die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes.

Henry van Vuuren by 083-641-9151 vir KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0