Categories: NewsPublished On: 7th November 2011

CDP-vra-meer-soldate-op-grens

By 1 min read
Die Christen-Demokratiese Party het ‘n beroep op die weermag gedoen om die grensbeskerming in oorleg met georganiseerde landbou te evalueer om te sien om dit steeds aan die verwagtinge voldoen.
 
Ds Theunis Botha, leier van die CDP, het in reaksie op die moord op die plaasbestuurder van Ladybrand, mnr Sean Schutte, en die moord op ‘n bejaarde egpaar op hulle hoewe buite Rustenburg gesê die owerheid kan hulle nie op onkundigheid oor die gevaar beroep nie.
 
“Die grens met Lesotho is al baie lank ‘n misdaadknelpunt en verskeie boere en hulle gesinslede is al deur aanvallers vanuit Lesotho vermoor.”
 
Hy het gesê die voorvalle werp weer ‘n lang skaduwee oor die ondeurdagte besluit om die kommando’s te sluit sonder ‘n behoorlike plaasvervanger.
 
"Dit is duidelik dat plaasmoorde nog nie tot iets van die verlede behoort nie”  het ds Botha gesê.
 
“Pas is weer van Bloemfontein-gestasioneerde soldate afskeid geneem wat aan vredesoperasies in Afrika gaan deelneem. Is die grootste behoefte nie dalk nader tuis nie?” vra ds Botha.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0