Categories: NewsPublished On: 1st June 2011

By-Greenway-is-bye-welkom

By 1 min read

Greenway Woods Resort, ‘n vakansie-oord  naby Witrivier in die Laeveld het ‘n natuurvriendelike oplossing gevind vir lastige bye wat soms die gaste in die chalets gepla het. Die oord het kunsmatige byekorwe bekom en dit bo-op die skoorstene van die chalets geplaas. Nou het die bye ook ‘n veilige oord en dit is tot die vakansie-oord se voordeel, want hulle oes hulle eie vars heuning vir gebruik in die kombuis.

Dolores Erikson, die hoofbestuurder van Greenway Woods Resort sê hulle kry nog nie baie heuning nie, maar genoeg vir eie gebruik. Sy sê: “Ons is bewus daarvan dat die by-bevolking besig is om te verminder en daarom is die sukses van die poging vir ons baie belangrik.”

Die bye maak nie net heuning nie, maar help ook met die bestuiwing van akkerbougewasse in die omgewing.

Die projek het ook die oord op die “groen” bewaringspad geplaas en hulle oorweeg nou verskeie ander projekte. Gaste word deur pamflette van die pogings bewus gemaak.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0