Categories: NewsPublished On: 5th July 2010

BSF se Multiwing stel nuwe standaard in spuittegnologie

By 4 min read

Miljoene rande kan gewen of verloor word in die stryd teen peste en plae in vrugteboerdery.

Die sleutel tot suksesvolle plaagbestryding in vrugte is ’n spuit wat sy werk vinnig, flink, ekonomies en deeglik doen.

Boere is bly oor die nuwe standaard van bekostigbare voortreflikheid wat BSF se vernuftige Multiwing-newel­spuit stel. En ook geen wonder nie, want spuitdoeltreffendheid verseker ’n hoë uitpakpersentasie en dit kan vir boere miljoene rande se verskil beteken.

Een so ’n tevrede boer is Gert Bezuidenhout, bestuurder van Ambrosia Sitruslandgoed naby Hoedspruit.

Ambrosia se lemoene, suurlemoene en Star Ruby-pomelo’s is deurgaans aan sluwe vyande blootgestel en net ’n doeltreffende spuitprogram verseker hulle voortbestaan. Dis swartvlek, blaaspootjie, myte, swamme en nog ander plae.

Daarom spuit Gert en sy span volgens ’n basisprogram, maar hulle inspekteer ook die boorde vyf dae per week om enige moontlike plaagbe­dreigings betyds waar te neem.

Die tye wanneer gespuit kan word, word beperk deur weer en reën en wind en tempera­tuur. Daarom moet jy ’n spuit hê wat sy werk deeglik doen en sy litte roer om die kansies wat jy het om jou oes te beskerm ten beste te benut.

Daardie spuit is sonder twyfel BSF se Multiwing, sê Gert, en hy het verskeie redes waarom hy so sê.

Spuitstof is baie duur en daarom moet dit so toegedien word dat dit die beste resultate met die minste vermorsing behaal. Konvensionele misspuite spuit tussen 8 000 en 16 000 liter per hektaar, maar die Multiwing spuit net 3 000 liter per hektaar om beter resultate te behaal.

Die slim mense bereken dat as jy ’n hektaar sitrusbome in water sou doop en sou afskud, dan sou 2 800 liter water aan die bome bly vaskleef het. Hoekom moet jy 8 000 tot 16 000 liter spuit as net 2 800 daarvan genoeg is om jou bome honderd persent te benat? Hoekom moet jy tyd, diesel en trekkerkrag vermors deur ’n massa spuitmengsel saam te sleep waarvan die grootste deel nie vir jou werk nie?

Meer nog, wat word van daardie ekstra duur spuitstof wat jy met ’n gewone misspuit uitblaas? Dit beland in die grond waar dit sekerlik nie heilsaam is vir die mikrolewe wat so noodsaaklik vir volhoubare boerdery is nie.

Laer spuitvolumes beteken minder vermorsing en minder omgewingsrisiko, maar dan moet die bedekking deeglik wees – en dit vermag die Multiwing terdeë.

Waar ’n gewone misblaser een groot waaier en enkele sproeiers het, het die Multiwing ’n toring met vyf waaiers en 21 spuite aan elke kant. Die tien waaiers en 42 spuite sorg vir perfekte benatting met veel minder trekkerkrag – 25 kW teenoor die volle 40 kW wat gewone spuite vreet.

Slimkoppe van CRI en Maties se Landboufakulteit het die Multiwing op Ambrosia kom toets. Hulle het ’n middel in die water gegooi wat onder ultravioletlig glim en die boorde bespuit.

So oortuigend was die indringing en bedekking teenoor dié van gewone spuite, dat Gert onmiddellik vyf Multiwings bestel het.

Vir die peste en plae was dit die doodsvonnis. Kom kyk maar vandag hoe skoon en plaagvry is Ambrosia se sitrusbome. Multiwing staan kop en skouers bo alle ander spuite uit, verklaar Gert.

Van die Multiwing se voortreflike eienskappe is:

  • Die toring met waaiers en spuite kan platvou vir veilige vervoer.
  • Van die spuite kan toege­maak word afhangende van die toepassing.
  • Die meganiese roerspaan werk van die kragaftakker af en sorg dat die mengsel deurgaans homogeen bly.
  • Die ses-diafragmapomp is duursaam en maklik om te onderhou.
  • Die ratelkleppe van gietyster kan maklik skoongemaak en versien word.
  • Die waaiers is 500 mm in deursnit en word met v-bande aangedryf. Jy kan nog twee hidroulies-aangedrewe waaiers bo byvoeg as jy wil.
  • Die seston-as en groot, growwe, breë wiele sorg vir beweeglikheid.
  • Die wyehoek-krag­aftakkeras stel jou in staat om kort te krink, wat spuit­werk vergemaklik en tyd bespaar.
  • Die deursigtige poli-etileentenk met vlakaanduidings maak maklik skoon en hou 3 000 liter.
  • As jy wil kan jy ook ’n spuitmiddelmenger en ’n houerwasser aanskaf.

Praat vandag met Meyer Boshoff van BSF Hoedspruit by 082-886-9789 oor jou eie, doeltreffende, bekostigbare, boervriendelike Multiwing-spuit, of e-pos hom by meyer@bsfhoedspruit.comof besoek www.bsfhoed­spruit.com.

BSF Hoedspruit maak ook eersteklas verpulpingsmasjiene vir afvalvrugte, vrugtevliegspuite, tenkwaens, driepuntgemonteerde snoeisae en wipsleepwaens presies volgens jou behoefte.

 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment