Categories: NewsPublished On: 14th January 2011

Brucella-melitensis-maak-weer-sy-verskyning

By 1 min read

‘n Minder bekende vorm van besmetlike misgeboorte is einde verlede jaar in die omgewing van Bronkhortspruit in ‘n bokkude gediagnoseer. 

Brucella melitentis tas veral bokke aan maar kan ook in beeste en ander spesies voorkom. Die siekte veroorsaak aborsies by ooie en verlaagde vrugbaarheid by ramme.

Die siekte kom sporadies in sekere gebiede van die land voor.
 
Mense is ook baie vatbaar vir dié vorm van brusellose. Die siekte kan opgedoen word deur siek diere te hanteer of deur besmettte produkte soos melk of sagte kaas in te neem.
 
Nie-dragtige ooie kan met die lewende Brucella Rev 1-entstof geënt word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0