Brennco-se-lek-maak-Bristow-se-Bonsmaras-nog-beter
Eerlike veldbeeste wat teel soos wat hulle lyk. Dit is Bristow Bonsmara se beeste sedert dié stoetery in die 1930’s by die ontwikkeling van die Bonsmara-ras betrokke geraak het.
Sedertdien het Bristow Bonsmara, as oudste Bonsmara-stoet, immerdeur vir vrugbaarheid en prestasie in veld-toestande geselekteer om vandag aanpasbare geen-nonsens beeste te bied.
Beeste moet op die veld presteer
Gavin Bristow glo daaraan dat die koper moet kry wat hy sien. Daarom is vetmaak van veilingsbeeste taboe. Beeste is veronderstel om gras te vreet, nie graan nie, en daarom moet hulle op die veld presteer.
Maar wat wel waar is, is dat die gras van elke streek en elke seisoen nie noodwendig al die voedingstowwe bevat wat ’n bees vir gesonde groei nodig het nie. Dis waar lek ’n belangrike rol kan speel – om daardie ontbrekende voedingstowwe aan te vul.
En dis waar Brennco, die boer se voervennoot, ’n belangrike rol speel om vir die beesboer presies daardie aanvullingslek te verskaf wat sy beeste die beste laat presteer sonder om hulle status as ware veldbeeste in te boet.
Brennco-lek maak die verskil
Gavin staan steeds verbaas oor die resultate wat ’n klein hoeveelheid Brennco-produksielek meebring om beeste nog beter te laat presteer.
Met tussen net 700 gram en ’n kilogram Brennco-produksielek per dag, het sy bulletjies in ’n Fase D-toets hulle gewigstoename van 800 gram per dag na 1,2 kilogram per dag opgestoot. Die verskil is opvallend.
In die winter toon diere normaalweg nie veel groei op die veld nie, wat ’n Fase D-toets moeilik maak. Maar met Brennco se produksielek as aanvulling, is daar genoeg groei waarvolgens die teler sinvolle besluite kan neem.
Maar Gavin sit steeds sy voet ferm neer: Hy sal voortaan Brennco-lek as aanvulling gebruik, maar nooit vetmaakrantsoene toedien nie. Sy beeste moet altyd geharde, vrugbare, selfsorg-veldbeeste bly en hy sal nooit ’n oorvoerde bees aanbied nie.
Kundigheid en flinke diens
Gavin is ingenome met Brennco se begrip, kundigheid en flinke diens, wat die boer se lewe makliker en sy wins meer maak. “Minnei le Roux, Brennco Voere se algemene bestuurder, en sy mense weet hoe om lek saam te stel om die gebied presies te pas,” sê hy. “Hulle lewer stiptelik af en kom gereeld self plaas toe om na die beeste te kyk. Daar is deurlopende interaksie, wat vir my baie belangrik is.”
Hierdie diens en kundigheid is nie toevallig nie, sê Minnei, ’n man wat reguit sake doen en reguit praat: “As die boer nie geld kan maak uit die produkte en raad wat hy by Brennco kry nie, gaan hy nie sy rekening kan betaal nie en sal hy nie by ons koop nie.
“Ons wil die beste diens en gehalte bied, wat die boer in staat stel om volhoubaar winsgewend te boer. Dit verseker ook ons eie toekoms.”
Om dit te bereik, gebruik Brennco nie net spesialis-voedingskundiges nie, maar ook die waardevolle kennis en ervaring van boere.
Elke boer behoort sy plaas of plase deeglik te ken en te bepaal watter lek daarvoor geskik is of saamgestel behoort te word, glo Gavin. “’n Goeie lek kan help om goeie kalfpersentasies en groei te verseker.”
Brennco Veevoere is die mense wat daardie perfekte lek voorsien, maar ook ’n volledige reeks dierevoedsel, wat omtrent alles insluit buiten viskos. Besoek gerus www.brennermills.co.za om die volledige produkreeks te bekyk, en praat met Minnei le Roux by 082-566-6900 of 015-516-0133 vir meer inligting.