Brennco is die boer se voervennoot
Prestasie is die grondslag van suksesvolle veeboerdery en gesonde, gebalanseerde voeding speel ’n sleutelrol in diereprestasie.
Al hoe meer boere skakel oor na Brennco Voere se wetenskaplik saamgestelde en bewese produkte, want jy weet presies wat jy in elke Brennco-sak kan verwag.
Brennco Voere se hoofbestuurder, Minnei le Roux, is ’n man wat daaraan glo om reguit sake te doen en reguit te praat. Hy erken: “As die boer nie geld kan maak uit die produkte en raad wat Brennco hom bied nie, gaan hy nie sy rekening kan betaal nie en gaan hy nie ons produkte koop nie.”
Daarom is dit Brennco se beleid om nie maar net bloot aan die minimum vereistes te voldoen nie – “Ons wil die beste diens en gehalte bied, wat die boer in staat stel om volhoubaar en winsgewend te boer. Dit verseker ook ons eie toekoms.”
Spesialis-voedingkundiges word inge-span om die samestelling van elke soort voer te bepaal en boere se kennis en ervaring word ruimskoots benut om te verseker dat elke produk presies aan die behoeftes voldoen.
Brennco is lid van AFMA (Animal Feeds Manufacturing Association) en al hulle produkte is behoorlik geregistreer.
Gehalte is vir Brennco Voere ononderhandelbaar. Die fabriek, wat langer as dertig jaar as Louis Trichardt Rollermeule bekend gestaan het en die afgelope tien jaar onder die Brennco Voere-vaandel staan, is tans in die finale fase van opgradering om nog beter produkte en diens te bied.
Die aanlegte vir enkelmaag- en herkouervoer is apart en daar is geen kans dat daar dierlike proteïene in herkouervoer kan beland nie.
Die enkele probleme wat met dienslewering ondervind is, is volkome uitgestryk en Brennco is besig om snel uit te brei. Albei aanlegte werk reeds twee skofte per dag. Produkte word in grootmaat sowel as in sakke gelewer. Dit kan op die plaas afgelewer word of die boer kan dit by die fabriek of depot kom oplaai.
Al hoe meer boere oor ’n al hoe wyer gebied gebruik Brennco Voere se produkte. Minnei en sy span is besig om Brennco se verspreidingsgebied vinnig te vergroot met die oprigting van depots en die aanstel vanverspreidingsagente op plekke soos Tzaneen en Potgietersrus.
Volledige reeks
Brennco se voortreflike produkreeks sluit omtrent alles behalwe viskos in. Vir beeste is daar van lekke en bulrantsoene tot vetmesting en suiwelmeel en -korrels. Daar is ’n volledige reeks vir skape, vir volstruise, vir varke, vir perde, vir pluimvee, vir konyne, vir wild, vir honde, en selfs vir bosvarke, krokodille en tuinvoëltjies.
Sommige van hierdie produkte is ook in supermarkte beskikbaar onder die Brennco-naam of as supermarkte se huishandelsmerke.
Besoek gerus www.brennermills.co.za om die volledige produkreeks te bekyk.
Minnei glo dat ’n verskaffer rats en buigsaam moet wees om aan die eise wat diereproduksie stel te voldoen. Elke kliënt het sy eie omstandighede en behoeftes en Brennco Voere gaan uit sy pad om presies die regte raad en produk te verskaf – selfs om ’n mengsel spesiaal vir ’n boer se behoefte saam te stel.
Vir meer inligting, praat met Minnei le Roux by 015-516-0133 of 082-566-6900.