Categories: NewsPublished On: 11th March 2011

Brande bly ‘n gevaar vir die Wes-Kaap

By 1 min read

Graham  Barlow van Working on Fire in die Wes-Kaap het gewaarsku dat die brandseisoen nog lank nie verby is nie. Die provinsie se brandseisoen eindig amptelik op 1 April. Hy sê alle grondspanne en vliegtiue sal op volle gereedheidsgrondslag bly. 

Februarie is gewoonlik die warmste en winderigste maand in die Wes-Kaap. Teen die verwagtinge in was die brande toe minder as vroeër in die seisoen.

270 veldbrande is sedert die begin van Desember deur vuurvegters van die Working on Fire probramme gestuit. 72 van hierdie spanne is ontplooi.

Meneer Barlow  sê dat van die brande wat hulle bestry het baie hardnekkig was en sommige van hulle het vir langer as ‘n week gebrand.

Dié brande sluit gevalle uit waar die plaaslike regering, SAN  Parke of die Tafelberg Nasionale Park se vuurvegters brande bestry het.

Die Working on Fire –program is ‘n inisiatief van die Forest Fire Association en word deur die regering befonds. Hulle doel is om ‘n geïntegreerde veldbrandvoorkoming- en bestrydings vermoë te handhaaf. 

Toestande is tans droog en winderig in die Wes-Kaap sê meneer Barlow .

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0