BP se bulsleepwa maak boer se laste ligter
Die verstandige boer kyk knaend waar hy koste kan bespaar en doeltreffendheid kan verbeter, want dis dis die enigste manier waarop die boer vandag kan voorbly.
So ’n verstandige boer is oom Koos de Beer van Mooiplaas so tussen Middelburg en Loskopdam. Met die wyse aankoop van ’n ordentlike vyftienton sleepwa kan hy nou veel meer gedoen kry teen ’n veel laer koste.
Voorheen het hy sy mielies met ’n vragmotor so 25 kilometer ver graansuier toe aangery; so 10 of 11 ton per vrag. Jare lank.
Maar toe sit die owerhede ’n weegbrug op elke pad na Middelburg en as jou vrag binne perke van die wet is, kla weegbrugbemanning dat die agteras met sy swaardiensvere en dubbelwiele kwansuis oorlaai is.
Om die vrede te bewaar het oom Koos toe maar net 7 ton op die vragmotor gelaai. Dit was nie lonend nie, daarom het hy die vragmotor verkwansel en sy mielies met tienton sleepwaens agter trekkers ingery.
Sy trekkers is egter sterk genoeg om ’n vyftienton sleepwa te trek en daarom het hy na die beste sleepwa in dié gewigsklas begin soek.
Die antwoord was natuurlik BP Implemente se BPI 150 en oom Koos is glad nie spyt oor sy besluit nie. Kyk net:
Jy kan sommer sien die wa is netjies en stewig gemaak. Sy staal is dik en stewig genoeg vir enige uitdaging.
Sy onderstel is van 127 mm dubbele kanaalstaal gemaak en op die regte plekke versterk sodat dit nie agter die skamel sal knak soos sommige sleepwa-onderstelle soms geneig is om te maak nie.
Die wa hanteer mooi en draf lekker op die pad en hy dra sy vrag soos ’n man, sê oom Koos.
’n Toonbeeld van ingenieursvernuf is die twee stoere agteraste wat sorg dat al vier agterwiele altyd ewe veel vrag dra – selfs oor ’n ongelyke padoppervlakte.
Die stelsel is so ontwerp dat die wiele die grondkontoer getrou navolg sonder om die skokke van die bulte en slote na die sleepwa self oor te dra. Dit verbeter jou kanse om ’n vrag ryp waatlemoene heelhuids uit die land te ry. Daar is immers nie veel van ’n mark vir waatlemoenpappery nie. Dit verseker ook ’n veel langer sleepwalewe.
’n Ander eienskap wat boere bly maak, is dat die sleepwa se klappe boontoe oopmaak. As jy gewone valklappe oopmaak, klap die stroom mielies hom gewoonlik gou-gou skoon uit sy skarniere uit, maar met BP se sleepwa bestaan hierdie probleem glad nie. Daar is geen rede waarom die opwipklappe nie ’n leeftyd sal hou nie.
Die klappe is perfek vir die aflaai van mielies op ’n kantelblad en die sleepwa se disselboom het ook ’n skarnier sodat jy hom nie by die kantelblad van die trekker hoef af te haak nie.
Oom Koos gebruik die sleepwa nie net vir mielies inry nie, maar ook om kuilvoer aan te ry, en hy gaan met die plantseisoen groot tenks op hom sit om ook vloeibare kunsmis lande toe te ry.
BP Implemente maak ook sleepwaens van 3, 5, 6, 8 en 10 ton met platbakke, valkante, wipbakke of vir losmaatvervoer soos oom Koos se vyftientonner, maar ook voerwaens (kafkarre) wat agter aan die stroper haak en gewilde dubbeldoel-oorlaaiwaens wat nie net graan van die stroper af aanry en oorlaai nie, maar ook perfek is vir die flink hantering van losmaat-kunsmis tydens die planttyd.
Maar dit is nie al nie: BP Implemente maak reeds die afgelope veertig jaar ’n wye reeks werktuie waaroor Suid-Afrika se boere opgewonde bly. Vir grondverskuiwing het hulle skrapers en damskroppe, vir grondbewerking ’n wye reeks ploeë, êe, ghroppe en operders, planters vir koring en mielies, en dan nog dorsmasjiene en sleepstropers, alles van net die beste, boervriendelikste gehalte en teen bekostigbare pryse.
Gaan kuier sommer vandag by BP Implemente se webwerf www.bpimplemente.co.za of skakel 056-515-1066/7 of e-pos bevbekker@bpimplemente@co.za om te hoor watter een van BP Implemente se wakker handelaars die naaste aan jou is.