Categories: NewsPublished On: 13th January 2011

Boere-waai-nie-net-oor-misdaad-nie

By 1 min read

“Ons boere is en was nog nooit bang nie,” sê mnr Ben Marais, president van TLU SA.

 Dit is in antwoord op minister Joemat-Pattersen se uitlating vroeër die week dat boere die land uit vlug as gevolg van misdaad. 
 
TLU SA moedig boere aan om in Suid-Afrika te bly en die land van voedsel en vesel te voorsien. “Ons boere kan dit doen, want hulle het kundigheid oor dekades en geslagte heen opgebou,” sê mnr Marais.
 
Misdaad en plaasmoorde is inderdaad ‘n saak wat die boere erg grief. Maar volgens mnr Marais is daar ook ander redes waarom boere die land verlaat, soos onsekerheid oor grondhervorming, dreigemente van onteiening, permanente verblyfreg van vreemdes op plase en die verkrummelende infrastruktuur.
 
“Die moontlike uitvloei van kundige boere uit die Suid-Afrikaanse landbousektor, kan slegs deur die regering gestuit word.  Die minister moet dus die hele landbouspektrum in oënskou neem, en nie net misdaad vir vertrekkende boere blameer nie,” sê mnr Marais.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment