Categories: NewsPublished On: 1st November 2011

Boere-trek-swaar-te-midde-van-hoë-voedselpryse

By 2 min read
330 words
Alhoewel voedsel-inflasie bo algemene inflasie is, toon die jongste syfers dat boere sukkel om kop bo water te hou. Verdere opwaartse druk op voedselpryse kan verwag word sou sommige boere gedwing word om die bedryf vaarwel te roep.
 
Volgens die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se ekonomiese oorsig 
het boereskuld vir die jaar tot en met einde Junie met 20% tot R78, 5 miljard gestyg en hulle kontantvloei met 20% tot R33,5 miljard vir die jaar afgeneem, as gevolg van ‘n daling in bruto inkomste.
 
Terselfdertyd het landbou se winsgewendheid verswak en die gaping tussen landbou-uitvoere en invoere gekrimp. 
 
Die invoer van landbouprodukte het met 14,3% tot R38, 8 miljard toegeneem en die waarde van uitvoere het met net 6,9% tot R47, 6 miljard toegeneem. Hoewel steeds ‘n netto uitvoerder van landbouprodukte het Suid-Afrika nader aan die 2007/2008 “krises”-situasie beweeg toe invoere uitvoere oortref het.
 
Die pryse van boerdery-insette het met 13,2% gestyg. Dit sluit masjinerie, gereedskap, materiaal vir vaste verbeterings sowel as intermediêre goedere en dienste soos kunsmis en brandstof in. Die wins uit boerdery het op net 4.3% te staan gekom.
 
Die bruto boerdery-inkomste van alle landbouprodukte was ‘n geskatte R131,7 miljard, 0,4% laer as die vorige jaar. Die netto boerdery-inkomste van R33,2 miljard was 18,3% laer as die vorige jaar.
 
Die land se verbruikers het gedurende dié tydperk R353,1 miljard aan voedsel bestee, 2,7% meer as die vorige jaar. Syfers van Statistiek Suid-Afrika dui daarop dat voedsel-inflasie 7,5% vir dieselfde tydperk was, heelwat hoër as die algemene inflasiekoers van 5,3%.
 
Voedselproduksie was bestendig vir die afgelope jaar, maar die posisie van boere het duidelik versleg.
 
Soos wat boere se skuld die hoogte ingeskiet het, het hulle verhouding van skuld tot bates tot 33% verswak. Kapitaalbelegging in die landbou het met slegs 0,9% gestyg, het die departement se syfers aangetoon.
 
Dit dui daarop dat landbouskuld aangegaan is om boerderye aan die gang te hou, eerder as wat kapitale beleggings plaasgevind het.
 
Bron: Financial Mail
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0