Boere-sê-hallo-vir-Tata
![]() |
Baie boere het hierdie jaar by Nampo die geleentheid gebruik om met die enkelkajuit Tata Xenon XXL te gaan bladskud. Sy dubbelkajuit-boetie is reeds ’n ou bekende op vele plase. Die 2,2 liter turbo diesel bakkie is ’n pragtige, flukse staatmaker wat meer as sy deel tot jou boerdery bydra – dit is ’n stoere bakkie wat baie gee en min vra.
Die Xenon XXL se platbakontwerp bied sinvolle, ten volle benutbare laairuimte vir enigiets wat die boer wil vervoer. Jy kan volgens die aard van jou boerdery se vervoerbehoefte kies of jy hom met ’n blote platbak wil hê of met ’n valkantplatbak, stewige veetralies of ’n toegeboude vragruimte.
En as jy hom volgelaai het, kan jy op sy stewige onderstel en veerstelsel reken om die vrag soos ’n man te dra.
![]() |
Die Xenon XXL het ook die langste wielbasis in sy klas, naamlik 3 150 mm. Sy sestienduimwiele stap maklik oor swak paaie en stryk die sinkplaat uit die pad.
Sy 2,2 liter drukbuisinspuitingenjin met sy tussenverkoelde aanjaer lewer ’n allemintige 103 kW teen 4 000 opm en 320 Nm wringkrag tussen 1 700 en 2 700 opm, sodat jy en jou vrag teen geen skuinste sal stuit nie.
Die vyfspoedratkas met sy sinvolle ratverspreiding verseker ’n kragtige kruipspoed vir rywerk op die plaas, maar ook ’n vyfde rat wat as snelrat dien om ’n brandstofverbruik van gemiddeld 12,4 km per liter te verseker, volgens die tevrede Tata-eienaar, Frans Vermaas, van Canvas and Tent.
Die Tata Xenon het ook baie goed presteer in die taai en objektiewe brandstofverbruiktoets van die Total “Economy run” deur die dubbelkajuitafdeling met ’n verbruik van 8,1 liter/100 km te wen.
Alles wat jy nodig het
Alhoewel die Xenon XXL ’n geen-nonsens werkeselbakkie is, bied hy tog aan die bestuurder en passasier die gerief van gemaklike sitplekke, ’n smukspieeltjie aan die een sonskerm en ’n kaarthouer aan die ander een, ’n kragstuur, ’n lugversorger met stuifmeelfilter, koeldrankhouers, ’n gawe klankstelsel, sigaretaanstekersok sodat jy jou selfoon kan laai, jou GPS kan gebruik of ’n kollig kan inprop as jy in die nag iets iewers op die plaas moet gaan doen en gerieflike kopstutte.
Die Xenon XXL bestuur lekker en maklik en sy groot truspieels en helder ligte verseker dat jy dag en nag oral baie goed kan sien.
Tata waardeer sy eienaars en verseker graag hulle veiligheid met sake soos vragvoelende sluitweerremme, doeltreffende ruitveers, frommelsones voor, kantbotsstawe en ’n sentralesluitstelsel. Die Xenon XXL het ’n A-gradering by die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging.
Asof dit alles nie genoeg is nie, kry jy saam met jou Tata XXL ’n diensplan vir 5 jaar of 90 000 km, ’n waarborg en roeswaarborg vir 3 jaar of 100 000 km, padbystandsdiens vir 3 jaar ongeag die aantal kilometer en ’n wakker handelaarsnetwerk wat regoor die land, ook in Botswana en Namibie, gereed staan om jou die beste diens te bied. Daar is 52 handelaars met dienskamers landwyd.
Tata se betroubaarheid en die beskikbaarheid van onderdele maak van die Xenon ook ’n gewilde vlootvoertuig.
Vra maar vir Frank Hornsby van Tempest Car Hire waarom die Xenonbakkies so ’n groot deel van sy ligte kommersiele voertuigvloot uitmaak…
Die Tata Xenon XXL is meer as ’n bakkie; dit is ’n betroubare sakevennoot wat help om die boer se laste te dra. As jy wil uitvind wie die handelaar naaste aan jou is, praat met Christo Engelbrecht by 082-709-2076 of christoe@tatasa.co.za, of Francois Griessel by 082-753-6633.