Categories: NewsPublished On: 6th July 2010

Boere-produseer-meer-met–Aquamasterwater!

By 3 min read
592 words

Hoogsomer kon die Breederivier byna die Brakrivier geheet het, want dan raak dié rivier se water ongemaklik sout. Dit benadeel natuurlik die produksie van besproeiingsgewasse.

Hansie Joubert van Joubertsdal aan die voet van die Langeberg tussen Swellendam en Ashton het ondervind wat hierdie soutwater aan gewasse doen toe sy lusern net nie na wense wou groei nie.

Sy buurman, oom Henk van Zyl, het al twee keer gesny toe is Hansie se lusern nog te kort om aan sny te dink.

Die verskil was dat oom Henk ’n Aquamaster katalitiese waterverbeteraar gebruik het en Hansie nie.

Dadelik het Hansie sy eie Aquamaster by Aquamat bestel en geïnstalleer. Dis maklik. Jy sit die Aquamaster in die pyp tussen die pomp en die spilpunt, koppel die kragdraadjie en siedaar – jou gesaaides word getrakteer op ware, bruikbare Aquamasterwater.

Binne veertien dae het Hansie se lusern begin wys dat Aquamaster ’n wyse besluit was. Sy produksie het algaande gestyg totdat hy nou net soveel lusern sny as oom Henk.

Aquamaster maak die soutwater meer aanvaarbaar en opneembaar vir die plante, verduidelik Hansie. Dit maak beslis ’n belangrike verskil, ook in ander gewasse soos koring, mielies, hawer, raaigras en klawer, sê Hansie en oom Henk.

Besproeiing is duur en daarom moet jy seker maak dat jy die beste resultate behaal, glo oom Henk. Daarom het hy, toe hy ’n nuwe besproeiingstelsel wou installeer, begin rondkyk na maniere om die watergehalte te verbeter.

In Israel het hy gesien hoe seewater vir landbou ontsout word. Dié toerusting was egter te duur en hy het aanhou soek totdat hy op Aquamat se Aquamaster afgekom het.

Toetse bewys dat die grond se soutinhoud drasties verminder het waar hy Aquamaster gebruik. Aquamasterwater word ook makliker deur die grond en die plante opgeneem. Waar hy voorheen in die somer onafgebroke moes besproei, kan hy nou reeds die pompe vir lang tye afskakel omdat die water beter benut word.

Dit beteken ’n besparing van elektrisiteit, water en pompslytasie.

By sy huis het hy ook ’n kleiner Aquamaster geïnstalleer om die harde water te behandel. Sonder Aquamaster kan jy vergeet om ’n vlokkie skuim uit daardie water te kry.

’n Hele klomp van oom Henk se familie en vriende het Aqua­masters vir hulle huiswater geïnstalleer en hulle glimlag breed oor die goeie resultate. Hulle kan nou weer tuinmaak en wasgoed was, en in gebiede waar kalk ’n probleem is, verwyder die Aquamaster al die kalk­aanpaksels en verstoppings in ketels, warmwatertoestelle en pype.

“Ek het dit alles in die praktyk ondervind en met my eie oë gesien,” sê oom Henk.

In ProAgri 102 is vertel hoe Aquamaster Koos Pieterse van Koedoeskop se probleem met kalkwater opgelos het om hom ’n opbrengsverbetering van ’n ton soja per hektaar te besorg.

Die tabakboere van Thaba­zimbi behaal groter oeste en beter graderings, druiwe-opbrengs­te is met 75 tot 95% verhoog, tamatie- en uieboere verbeter hulle oeste met tot 200% en verbeter die gehalte van hulle produkte, aartappelboere oes tot 80 ton per hektaar en groente-, olyf-, sitrus-, mielie-, katoen- en paprikaboere behaal almal beter resultate met Aquamaster.

Aquamaster is in ’n verskeidenheid groottes beskikbaar vanaf huishoudelike modelle tot grotes vir besproeiing, nedersettings en dorpe.

Benewens Aquamaster bied Aquamat se kundiges die boer ook ander produkte soos waterversagters, waterfil­treerders, kristal­ontkalkers en drukpompe.

Praat gerus met Aquamat se vriendelike mense by 011-472-1311 of besoek www.aquamat.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0