Categories: NewsPublished On: 6th April 2011

Boere koop trekkers, wil boer!

By 1 min read
188 words
Trekkerverkope van 569 eenhede in Maart is 32,3% meer as die 430 eenhede wat verlede Maart verkoop is.   Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie het bekend gemaak dat trekkerverkope tot dusver najaar byna 21% hoër is as verkope vir die eerste drie maande verlede jaar.   Stroperverkope van 12 eenhede in Maart is egter aansienlik laer as die 34 eenhede wat in Maart verlede jaar verkoop is.   Vir die jaar tot dusver is stroperverkope van 49 eenhede net minder as die 53 eenhede wat gedurende die eerste drie maande van verlede jaar verkoop is.
 
Mnr Lane Reynolds, die voorsitter van SAAMA, sê trekkerverkope weerspieël steeds die huidige optimisme in die mark vir landboumasjinerie.   Met die volgehoue sterk rand, het pryse vir nuwe toerusting gestabiliseer en in sekere gevalle is pryse laer.   Pryse vir mielies, sojabone en koring het oor die afgelope maande verbeter en het, tesame met bankfinansiering wat makliker bekom kan word, beteken dit dat boere huidige geleenthede in die mark kan benut om te belê in nuwe kapitaaltoerusting.
 
Ramings in die bedryf vir 2011 is opwaarts aangepas tot tussen 5 600 en 5 900 eenhede, 10 tot 15% meer as verkope in 2010.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0