Boere-kan-self-inspring-met-’n-Videofied-kamerastelsel
Een van die gevaarlikste beroepe op aarde is om ’n boer in Suid-Afrika te wees, reken kenners, maar sonder stelsels soos steunkringe en nuwerwetse tegnologie, sou die situasie nog veel erger gewees het.
Stryd teen misdaad
Boere se steunkringe en toerusting soos die Videofied-kamerastelsel kan sorg dat die misdaadbedreiging teengestaan word en dat misdadigers aan die pen kan ry – as ons mense saamstaan in die nimmereindigende stryd teen misdaad.
Steunkringe gaan in wese oor ’n ondersteuningsbasis van mense wat na aan mekaar bly en werk, en wat na mekaar se belange omsien. Daarvolgens organiseer mense in ’n bepaalde omgewing hulleself in groepe met behoorlike kommunikasiestelsels en beveiligingsaksies.
Wat is die Videofied-kamerastelsel?
Die Videofied-kamerastelsel is in wese ’n gevorderde alarmstelsel wat die boer en sy steunkring in kennis kan stel van enige ongemagtigde oortreders op sy eiendom, asook ongemagtigde toegang tot krale, skure, voertuie en natuurlik die plaashuis – dit alles binne sekondes nadat die oortreder sy voete op die eiendom gesit het.
![]() |
Die stelsel is geheel en al draadloos en word deur ’n litiumioon-battery van krag voorsien. Hierdie battery hou tot vier jaar met normale gebruik. |
Die kamerastelsel bestaan uit die volgende komponente: ’n Buite-kamera wat in ’n weervaste (-30º C tot +60º C), waterbestande omhulsel geklee is.
Die stelsel is geheel en al draadloos en word deur ’n litiumioon-battery van krag voorsien. Hierdie battery hou tot vier jaar met normale gebruik.
Die kamera beskik verder oor infrarooi ogies wat sigbaarheid snags moontlik maak, asook ’n bewegingsensor, wat beteken dat dit begin opneem sodra dit enige beweging gewaar.
Die laaste komponent van die kamera is ’n geïntegreerde selfoon-SIM-kaart wat die stelsel in staat stel om ’n 200 kb MPEG video van die insident via MMS aan die boer en sy steunkring te stuur.
Die boer moet natuurlik selfoonopvangs op die plaas hê, en ook oor ’n selfoon beskik wat MMS videos kan speel.
Hoe werk dit?
Wanneer ’n oortreder dan in die sigveld van die Videofied-kamera tree, aktiveer die bewegingsensor die infrarooi ogie, wat ’n 10 sekonde video-opname van die insident afneem en dit dan onmiddellik na die boer en drie (of selfs meer) ander mense se selfone stuur. Hierdie nommers word vooraf in die stelsel geprogrammeer, so jy kan jou voorman en bure se nommers kies.
Die persone wat die MMS-video ontvang, kan onmiddellik sien watter voorval plaasgevind het, hoeveel aanvallers betrokke is, en hoe groot die bedreiging is. Die boer hoef dus nie eers self te gaan kyk wat aangaan (en homself in onnodige gevaar plaas), voordat hy sy bure bel of oor die radio roep nie. In ’n noodsituasie bespaar dit ook kosbare tyd wat ’n mens nie altyd het wanneer gevaar dreig nie.
Die boer en sy steunkring kan dan ingeligte besluite neem voordat daar teen die misdadigers opgetree word.
Nog ’n voordeel van die video is dat dit later as bewysstuk dien wanneer die skurke vasgetrek is.
Die Videofied-kamerastelsel word in Suid-Afrika versprei en geïnstalleer deur die Sizwe Africa IT-groep se 250 tegnici landswyd. Die stelsel kan volgens die boer se spesifieke behoeftes bestel word en finansiering is ook beskikbaar. Die koste behels ’n eenmalige installasiefooi, en daarna geld ’n maandelikse koste vir die MMS-videos wat die stelsel stuur.
As die veiligheid van jou plaas ’n prioriteit is, skakel Sizwe Group vandag nog by 012-657-5300 of epos sales@sizwegroup.co.za vir bestellings of meer inligting oor die Videofied-kamerastelsel. www.sizwegroup.co.za