Categories: NewsPublished On: 2nd February 2011

Boere juig: die bobaasbaler is hier!

By 2 min read
’n Mens kan sommer sien die Noguiera Express is ’n gedugte baler in sy eie klas. Kyk net daardie netjiese, stewige, kompakte baal, kyk net hoe skoon tel hy op en kyk hoe trots en ontspanne lyk die operateur.

Die gehalte van Valtrac se werktuie en diens maak boere gewoond aan standaarde wat hulle nie sommer maklik elders vind nie. Dis hoekom boere nou lank reeds daarop aandring dat Valtrac ook balers moet verskaf wat die boer se voerbroer se trotse naam gestand doen.

 En hier is hy nou: Die gedugte Nogueira Express-baler wat sonder sukkel of ophef 400 tot 600 netjiese, stewige, kompakte bale per uur vervaardig. Verby is daardie droewige dae van langer sukkel as baal, van swets en verstel en staan, van pap bale wat soos ’n vrag jellie op die sleepwa beef…
 
Met die Express lyk en voel al die bale presies dieselfde: onverbeterlik ferm en fatsoenlik. Elke baal ’n meesterstuk.
 
Die Express is in twee modelle beskikbaar: Die 5040 met sy bek van 1,73 meter se bale is 36 cm hoog, 46 cm breed en jy kan die lengte van 0,5 tot 1,2 meter stel. Die Express 4030 se bek is 1,5 meter wyd. Sy bale se lengte kan van 0,5 tot 1,0 meter gestel word en hulle is 30 cm hoog en 40 cm breed.
 
Die 4030 het driedubbele beskerming en die 5040 vierdubbele beskerming teen oorbelading sodat jy iets aanskouliks verkeerd moet doen om hom tot stilstand te verniel. Hulle optellers is teen ongelyke grond beskerm, hulle kan tot 8 rolle baaltou aan boord bêre en hulle swaar vliegwiele verseker gladde werking sonder onnodige stremming op die trekker of kragoordragstelsel.
 
Dis maklik om met die geharde, duursame Nogueira Express-balers te werk en jy het geen spesiale opleiding of woordeskat nodig nie.
 
Agterna, wanneer jy die vragmotor laai, is jy bly dat jy Valtrac se Nogueira Express gekies het, want die stewige bale maak die vrag veiliger en die feit dat hulle so kompak is verseker dat jy baie nader aan jou wa se loonvrag kom voordat daar nie meer plek oor is nie.
 
Maar die grootste lekkerte kom wanneer jou blinkvet diere diep in die winter aan die smaaklike voedsaamheid smul wat in so ’n kompakte, stewige baal vasgevang word.
 
Doen jou diere ’n guns: Praat met Hennie du Toit van Valtrac by 056-817-7308 oor jou eie Nogueira Expressbaler.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment