Categories: NewsPublished On: 11th February 2011

Boere-help-om-kabeldiewe-te-vang

By 1 min read
158 words

Wakker boere het gehelp om kabeldiewe op Pietersburg vas te trek.

Die diewe is vroegoggend agterna gesit nadat die kabels in die Dendron-gebied gesteel is. 

Die gemeenskap van Pietersburg is per twee-rigtingradio in kennis gestel en die diewe is kort daarna in ‘n skrootwerf op Pietersburg vasgetrap. 
 
In die voertuig is 183 kg koperkabel gevind met ‘n geldwaarde van R12 300 en ‘n vervangingswaarde van R60 000. Die Polisie het ‘n bykomende drie ton koper van verdagte oorsprong op die werf gevind.
 
Die Pietersburgse Distriklandbou-unie het sy kommer uitgespreek dat die polisie nie genoeg doen om skrootwerwe wat gesteelde koper koop, vas te vat nie. Daar word gereeld koperkabel en sproeierkoppe deur skelm skrootwerfeienaars verkwansel. Die Unie het die publiek versoek om geensins met sulke skrootwerwe sake te doen nie.
 
As daar nie meer ‘n mark vir die tweedehandse koper is nie sal daar minder diefstal wees, het hulle gesê.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0