Categories: NewsPublished On: 9th May 2011

Boere boer lekker met nuwe trekkers

By 1 min read

Boere het tot dusver vanjaar 17% meer trekkers gekoop as in die eerste vier maande van verlede jaar. Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie sê in sy maandelikse verslag die trekkerverkope van 368 eenhede in April was 4,2% hoër as die 353 eenhede wat verlede April verkoop is. Stroperverkope van 42 eenhede in April was byna 14% meer as die 37 eenhede wat in April verlede jaar verkoop is. Vir die jaar tot dusver is dit op een na, dieselfde as verlede jaar.

Mnr Lane Reynolds, die voorsitter van SAAMA, sê: “Trekkerverkope in April weerspieël steeds die huidige optimisme in die mark vir landboumasjinerie. Met die volgehoue sterk rand, het pryse vir nuwe toerusting gestabiliseer, of in baie gevalle, verlaag. Pryse vir mielies, soja en koring het oor die afgelope maande verbeter en dit, tesame met makliker bankfinansiering, beteken dat boere geleenthede in die huidige mark kan benut om te belê in nuwe kapitaaltoerusting.”

Volgens ramings in die bedryf, sal trekkerverkope in die 2011-kalenderjaar, sowat 5 600 tot 5 900 eenhede wees, ongeveer 10% tot 15% meer as verkope in 2010.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0