Categories: NewsPublished On: 26th October 2011

Boere-beplan-om-meer-mielies-en-soja-te-plant

By 1 min read
282 words
Na afloop van die vergadering van die Oesskattingskomitee op 25 Oktober is die verwagte aanplantings vir somergewasse bekend gemaak:
 
Mielies
Die Oesskattingskomitee beraam die verwagte mielie-aanplanting vir 2012 op 2,602 miljoen ha, 9,7% meer as die 2,372 miljoen ha van verlede seisoen. Die skatting word gegrond op ‘n steekproef onder produsente en verteenwoordigers van die provinsiale departemente van landbou.
 
Die syfers toon dat produsente van voorneme is om 1,564 miljoen ha witmielies aan te plant, wat 145 900 ha (10,3%) meer is as in die vorige seisoen. Die verwagte aanplantings vir geelmielies is 1,038 miljoen ha, wat 84 000 ha (8,8%) meer is as in die vorige seisoen.
Hierdie syfers dui op kommersiële boere se voornemens teen middel Oktober 2011. Bogemiddelde reënval kan egter steeds boere se besluit beïnvloed om ander somergraangewasse aan te plant.
 
Boere het aangedui dat die toename in die beplande oppervlakte onder mielies hoofsaaklik toegeskryf kan word aan gunstiger pryse in vergelyking met dieselfde tydperk ’n jaar gelede. 
Sonneblomsaad
In die geval van sonneblomsaad word die verwagte aanplantings beraam op 555 000 ha, wat 13,6 % of 87 700 ha minder is as die 642 700 ha aangeplant verlede seisoen. 
Sojabone
Die voorgenome sojaboon-aanplantings toon ‘n toename van 10,0 % in vergelyking met die vorige seisoen – vanaf 418 000 ha tot 460 000 ha.
Grondbone 
Die verwagte aanplantings van grondbone neem toe met 5,2% in vergelyking met die vorige seisoen – van 55 150 ha tot 58 000 ha.
Sorghum 
Die voorgenome aanplantings van sorghum neem met 31,8% af in vergelyking met die vorige seisoen.
Droëbone 
Die voorgenome aanplantings van droëbone neem met 16,5% af in vergelyking met die vorige seisoen.
 
Tydens die volgende vergadering van die Oesskattingskakelkomitee wat op 1 Desember 2011 sal die grootte van die somergewas-oeste vir 2011 gefinaliseer word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0