Categories: NewsPublished On: 4th October 2010

Boer vooruit met Hugenoot: Die goue ras met die skatkis vol winseienskappe

By 2 min read
366 words

Lekker en lonend – dis wat beesboerdery vir die Hugenoot-boer is. En ook geen wonder nie, want dié goue ras bevat die uitsonderlike wen-eienskappe van die Afrikaner en die Charolais om vir die boer enige plek in Suid-Afrika ’n bees te besorg wat uitmuntend presteer.

Hugenoot-beeste kombineer die weneienskappe van die geharde Afrikaner met dié van die hoogs produserende Charolais om die beesboer die beste van beide wêrelde te bied. Die goue beeste is nie net winsgewend om mee te boer nie, maar mooi om na te kyk en lekker om mee te werk.

Kyk net: Waar kry jy beter as die Afrikaner se natuurlike gehardheid, sy goeie loopvermoë, sy gladde vel en natuurlike bosluisbestandheid, sy
maklike kalwing, sy goeie moederseienskappe en sy langlewendheid wat deur noukeurige teling in die Hugenoot vasgelê is?

En waar kry jy beter as die Charolais se flukse vleisproduksie, stewige konstruksie, goeie bespiering, gunstige voeromsetvermoë, vrugbaarheid, libido en kalm geaardheid wat kenmerkend van die Hugenoot is?

Die Hugenoot is ’n kombinasie van die beste eienskappe van twee wenrasse en dis hoekom die ras so aanskoulik presteer en so ’n plesier is om mee te boer.
Die Hugenoot kan vleis dra, maar steeds bergklim agter kos aan. Hy kan enige plek in Suid-Afrika baie goed vir homself op die veld sorg en selfs in
ekstensiewe toestande presteer, maar voer hom en jy staan verstom oor sy volgehoue groeitempo.

Hugenote presteer oral in Suid-Afrika, vanaf die Vrystaat, deur die koue Hoëveld en die steil berge van die Waterberg tot in die warm dele van die Bos- en Laeveld.

Voerkrale aanvaar Hugenoot-kalwers en Hugenoot-kruiskalwers gretig, want hulle behou hulle Graad A3-klassifikasie terwyl hulle ekonomies groei.
Die Hugenoot is ’n ekonomiese, funksionele, doeltreffende dier, wat die maksimum eetbare rooivleis produseer. Eetbare, bemarkbare rooivleis – nie ’n hoop vet of ’n bondel bene nie.

Hugenote is gemaak om te groei. In Fase C-toetse blink Hugenote uit met hulle gunstige voeromsetverhouding en indrukwekkende gemiddelde daaglikse toename.

Dis winsgewend om vleis te produseer met Hugenote, maar hulle presteer ook baie goed in kruisteeltprogramme as jy ’n ontploffing van basterkrag wil
ontketen.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0