Boer-vir-gewig-met-West-Front-Dorpergenetika
GelBoer-vir-gewig-met-West-Front-Dorpergenetika/p>
Elke skaap moet meer vleis teen ’n laer koste produseer en vir die boer die minimum moeite besorg. As hy boonop mooi lyk en pryse by skoue wen, is dit ’n blote bonus, glo Rikus van der Merwe van West Front Dorpers.
Ten einde hierdie doelwit te bereik, word geen skaap opgepiep nie en onverbiddelike seleksie toegepas.
West Front voer die Dorper se legendariese vrugbaarheid met hierdie beleid ’n stappie verder en behaal in ’n agtmaande-lamstelsel ’n herkonsepsie van 93%, ’n 114% speenpersentasie per lamming en 1,65 lammers per ooi per jaar.
Lammerooie wat nie ram vat nie word weer in ’n gus trop gepaar en as daar daarna steeds geen konsepsie plaasgevind het nie, word hulle braaivleis. Namate die kudde verbeter het, het hierdie prulpersentasie dramaties gedaal. West Front se ooie vat maklik, lam makik en het genoeg melk en moederseienskappe om hulle lammers goed groot te maak.
West Front speen hulle lammers op gemiddeld 3 maande en dan weeg hulle gemiddeld 32 kg per lam – dit alles sonder sukkel, omdat Dorpers vir hulself sorg. Ooie kry slegs vanaf ses weke voor lam tot speentyd ’n lek met goeie deurvloeiproteïen en verder loop hulle op die veld.
Ramme word op 3 maande gespeen waarna hulle vir 6 weke volvoer kry en daarna veld toe gaan waar hulle slegs in moeilike jare ’n lek kry – verder niks. Dié wat nie kondisie behou nie, word voor die voet geslag.
Daar word ongeveer 8 tot 10 weke voor die veiling begin om die ramme af te rond.
West Front gebruik KI en laparoskopie as daar ’n uitsonderlike ram is met gesogte genetika wat Rikus in die kudde wil vaslê. So ’n ram is Kabamba wie se Falkirk-indeks net nadat hy tussen die ooie uitgekom het, 130,25 was. Hy teel lammers met dieselfde voortreflike vleiseienskappe en die goeie nuus is dat van sy nageslag op 1 Oktober by West Front se produksieveiling op die plaas naby Britstown te koop sal wees.
50 ramme in twee groepe word aangebied. Die ouer groep is Kabamba se ramlammers waarvan die ligste een op 12 maande van die veld af 70 kg geweeg het en die swaarste een 89,5 kg. Die jonger groep rammetjies het gemiddeld 59 kg van die veld af geweeg.
150 vroulike diere, bestaande uit ongepaarde ooitjies en dragtige ooie wat gepaar is met Kabamba, Six, Witwortel en BF, word aangebied.
BF was tydens die Nasionale Kampioenskappe vanjaar die kampioen-ramlam oor 75 kg. Sy lammers is baie mooi en presteer uiters goed.
Die Dorperkenner, Daan Bosman, was baie beïndruk met die mooi, groot, gestrekte dieplyfooie met ligte bedekkings.
West Front se Dorpers aard oral in die land, van die Kalahari se sandduine tot ver in die ou Transvaal, tot onder in die Kleinkaroo.
Vir selfsorg-genetika uit die boonste rakke, sorg dat jy op 1 Oktober op West Front is. Vir meer inligting, praat met Rikus van der Merwe by 082-890-0351 of Daan Bosman by 082-929-8406.