Categories: NewsPublished On: 4th February 2011

Boer-van-Bloemfontein-wen-bakkie

By 1 min read

 

Nog stories
NP300 Hardbody
Taai staptog teen renosterstroop
Johannes van Vuuren (links) ontvang die sleutels van sy nuwe NP300 Hardbody by Johan Kleynhans van Nissan SA.

Die wenner van ‘n wedstryd wat deur Nissan SA en Intervet/Schering-Plough aangebied is, is bekend gemaak

Die eienaar van die nuwe Nissan NP300 2.5 TDI Hi-Rider dubbelkajuitbakkie is mnr Hannes van Vuuren van Omega-boerdery, Bloemfontein. Die naaswenner is mnr Mike Richmond van Elandslaagte, KZN. Hy is huis toe met ‘n R5000 Intervet koopbewys, R5000 kontant  van Nissan SA, asook ‘n R30 000 koopbewys wat hy kan gebruik met die aankoop van enige nuwe Nissan-voertuig. 

Die wedstryd was gekoppel aan verkope deur die dieregesondheidsmaatskappy, Intervet/Shering-Plough en daar was twee bakkies op die spel. Die eerste wenner, mnr Martinus Willemse van Memel in die Vrystaat het reeds in Julie 2010 sy bakkie ontvang.

Dr Alan Kloeck, besturende direkteur van Intervet sê die wedstryd is goed ondersteun deur die boerderygemeenskap en daar was beslis ‘n styging in verkope. 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0