Categories: NewsPublished On: 21st October 2011

Boer-se-weduwee-eis-miljoene-van-SAPD

By 1 min read
Die weduwee van die boer wat in Januarie onder verdagte omstandighede deur die polisie doodgeskiet is, dagvaar die polisie vir meer as R4 miljoen vir verlies aan inkomste. 
 
In Januarie 2011 is die Kwazulu-Natalse boer, Kobus de Vries, deur die polisie doodgeskiet nadat hy geweier het om homself oor te gee. Die polisie beweer dat mnr De Vries op hulle geskiet het.
 
Ongeveer 40 polisiemanne waaronder skerpskutters het destyds die boer se woning tydens die voorval beleer.
 
Die weduwee hou die minister van polisie aanspreeklik vir die dood van haar man.
 
Sy eis R4 008 000 plus rente vir verlies aan inkomste.
 
Haar prokureer, mnr Carel Taute het gesê dat Rentia de Vries se man ten bedrae van R200 000 per jaar vir haar gesorg het. Sy het destyds nie gewerk nie maar is sedert haar man se dood gedwing om ‘n swak betaalende werk te aanvaar.
 
Die aangeleentheid is nou by die kantoor van die staatsprokureur wat 20 hof dae het om op die eis te reageer.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0